Gevierde SA fotograaf vandag ter ruste gelê

David Goldblatt. Foto: ANA via Gcinda Ndwalane.

David Goldblatt, die gevierde fotograaf en ontvanger van die nasionale Orde van Ikhamanga wat Maandag in die ouderdom van 87 dood is, word Dinsdag ter ruste gelê.

Die Goodman-galery het sy dood Maandag in ʼn verklaring bevestig.

“Ons kondig met groot hartseer aan dat Goldblatt dood is. Hy is in die vroeë oggendure vreedsaam by sy huis in Johannesburg oorlede,” het die galery in ʼn verklaring gesê.

Goldblatt was nie net plaaslik bekend nie, maar ook ʼn internasionaal gerekende dokumentêre fotograaf.

In ooreenstemming met die Joodse tradisie sal Goldblatt Dinsdag om 12:00 in die Joodse vleuel van die Westpark-begraafplaas begrawe word. Hy laat sy vrou, drie kinders en verskeie kleinkinders agter.

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag gesê hy is hartseer oor Goldblatt se afsterwe.

“Ons het nog een van ons gevierde fotograwe verloor wat deur sy lens sy naam as een van ons land se bekendste dokumenteerders van die struggles van ons mense opgebou het,” het Ramaphosa gesê.

Ramaphosa het gesê Suid-Afrika is trots op Goldblatt se bydrae deur fotografie en het bygevoeg dat hy sy stempel afgedruk het op “ons inklusiewe kultuur”. “Ons wil graag ons diepste medelye aan sy gesin betuig. Mag sy siel in vrede rus.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

realis ·

Nou moet Ramaphosa ‘n nuwe fotograaf soek om die ANC se bevryding sukses verhaal van 24 jaar aan die wereld voor te hou.

Hannelie ·

Ag tog gaan dit nooit ophou nie…….die ewige struggles. Dit is nou al so holrug gery. Ek het 24 jaar gelede aanbeweeg. Maar sommige mense dra nog die ou pakkie saam.

Skepties ·

Ek wonder hoe voel die veteraan veranderaars oor hulle nalating.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.