‘Gevolge sal oor wêreld weerklink, nie net Oekraïne’ – Dirco

’n Residensiële gebou in Chuguev is ook vernietig nadat dit deur Russiese magte gebombardeer is (Foto: Aris Messinis, AFP)

Die Suid-Afrikaanse departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) het Donderdag ’n beroep op ’n vreedsame oplossing vir die toenemende konflik tussen die Russiese Federasie en Oekraïne gedoen.

Dirco sê die konflik sal “ongetwyfeld menslike lyding en vernietiging tot gevolg hê”, wat nie net Oekraïne sal raak nie, maar “oor die hele wêreld sal weerklink”.

Maroela Media het vroeër berig dat Russiese troepe Oekraïne nou ook vanuit Belarus in die noorde, Krimea in die suide en in die oostelike streek van Kharkhiv en Luhansk aanval.

Talle mense is reeds dood nadat Rusland Oekraïne Donderdagoggend ingeval het.

“Geen land is immuun teen die gevolge van hierdie konflik nie. Soos die Verenigde Nasies (VN) se sekretaris-generaal aangedui het, sal die konflik ’n groot invloed op die wêreldwye ekonomie hê, net wanneer ons uit die Covid-19-pandemie beweeg. So baie ontwikkelende lande moet ruimte hê vir herstel.”

Die regering doen ’n beroep op Rusland om sy magte onmiddellik uit Oekraïne te onttrek in ooreenstemming met die VN se handves. Dié handves beveel alle lidlande om hul internasionale geskille op vreedsame wyses te besleg sodat internasionale vrede en geregtigheid nie in die gedrang gebring word nie.

“Suid-Afrika beklemtoon respek vir die soewereiniteit en territoriale integriteit van state. As ’n nasie wat deur onderhandeling tot stand gekom het, waardeer Suid-Afrika altyd die potensiële dialoog om ’n krisis te voorkom en konflik te ontwrig.

“In ooreenstemming met ons sterk verbintenis tot die vreedsame oplossing van konflik, doen Suid-Afrika ’n beroep op alle partye om groter pogings aan diplomasie te wy en om ’n oplossing te vind wat sal help om verdere geweldstoename te voorkom.”

Dirco meen die deur van diplomasie moet nooit gesluit word nie, selfs al het konflik nou uitgebreek.

“Ons doen ook ’n beroep op alle partye om die situasie in ’n strewe na skikking te benader, met alle kante wat internasionale reg respekteer.

“In die lig van die toenemende konflik doen ons ’n beroep op alle partye om diplomatieke pogings te hervat om ’n oplossing te vind vir die knelpunte wat deur Rusland uitgespreek is. Suid-Afrika doen verder ’n beroep op alle partye om menseregte te handhaaf en te beskerm en by hul verpligtinge in terme van internasionale reg en internasionale humanitêre reg te hou.”

Rusland het Donderdagoggend Oekraïne ingeval (Foto: Aris Messinis, AFP)

Die Suid-Afrikaanse regering sê hy gaan voort om streeksinisiatiewe soos die Minsk-ooreenkomste te ondersteun en aan te moedig, en dat hy die werk van die Normandië-formaat, die Trilaterale Kontakgroep en die Organisasie vir Veiligheid en Samewerking in Europa (OVSE) verwelkom.

“Suid-Afrika doen ’n beroep op die VN se veiligheidsraad om sy rol in die soeke na vrede te speel. Die veiligheidsraad bly die primêre liggaam wat belas is met die mandaat om internasionale vrede en veiligheid te handhaaf en hy moet sy verantwoordelikheid ten volle in hierdie verband uitoefen.”

Dirco sê sy ambassade in Kiëf hou die verwikkelinge fyn dop en dat Suid-Afrikaanse burgers in Oekraïne bygestaan word.

“ANC moet Brics-lidmaatskap gebruik”

Die DA het ’n beroep op die ANC gedoen om sy Brics-lidmaatskap te gebruik om Rusland se inval in Oekraïne te veroordeel en onmiddellike onttrekking te versoek.

Suid-Afrika is ’n lid van die Brics-groep van lande, wat bestaan uit Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika.

“Suid-Afrika is ’n ondertekenaar van die VN se handves wat alle lande daartoe verbind om internasionale vrede en veiligheid te handhaaf.

“Rusland het hierdie bepaling oortree en Suid-Afrika se gebrek aan optrede sal neerkom op ’n stilswyende goedkeuring van Rusland se optrede,” sê Darren Bergman, die DA se woordvoerder vir internasionale betrekkinge.

Ontploffings en geweervuur is sedert Donderdagoggend oor die hele Oekraïne gehoor ná Rusland Oekraïne ingeval het (Foto: Anatolii Stepanov, AFP)

Die party sê voorts dat Naledi Pandor, die minister van internasionale betrekkinge, vir Ilya Igorevich Rogachev, die Russiese ambassadeur in Suid-Afrika, moet ontbied en eis dat Rusland onmiddellik sy militêre veldtog in Oekraïne staak en sy troepe onttrek.

“Poetin se inval in Oekraïne het wydverspreide veroordeling oor die hele wêreld ontvang en die Suid-Afrikaanse regering se stilswye is uiters kommerwekkend. Die Russiese president se droom van ’n ‘ryk’ hou nie net ’n bedreiging vir Oekraïne in nie, maar ook vir die hele Oos-Europa.

Versuim om Poetin nou te keer, sal nadelig wees vir wêreldvrede.”

Bergman sê Suid-Afrika moet sy rol speel om te verseker dat Poetin “na die onderhandelingstafel” gebring word.

“Sy skending van Oekraïense territoriale integriteit en soewereiniteit is ’n direkte skending van internasionale reg en mag nie toegelaat word nie. “Deur Poetin toe te laat om met moord weg te kom, maak min. Pandor ’n bespotting van haar eie regering se buitelandsebeleidsleer om ubuntu-diplomasie en beskerming van menseregte na te streef.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Ettienne ·

Tannie Pandor moet liewers in haar kas bly. Die gebeure is buite haar liga.

Kobus ·

Dit is hoekom die leiers teenoor mekaar staangemaak behoort te word sodat hulle wat wil politiek pleeg, mekaar kan afmaai. Dit is hoekom landsburgers, kinders, nie die trauma van oorlog direk aan hul lewens behoort te voel nie.

PersHeks ·

“Suid-Afrika doen verder ’n beroep op alle partye om menseregte te handhaaf en te beskerm” Regtig!!!! Se voet man!!!! Hulle het nie eers respek vir ons menseregte nie!!

Danny ·

Hul kan dalk eers begin vee voor hul eie deur.. dan DALK dink oor ander lande te hulp snel.. Ek stem PersHeks!

VaalDonkie ·

Kenners reken die oorlog sal volgende week die tyd al weer oor wees siende dat Rusland al in Kiev is en die hele Oekraiense se weermag verlam is. Mens hoop maar Zelensky besef hy het reeds verloor en probeer eerder soveel lewens moontlik red deur Rusland se voorwaardes te aanvaar. Nee, ek is nie in my noppies nie.

Lubbe ·

Ag asb Vaal Donkie. So moet die hele wereld nou terug staan dat Rusland die hele wereld oorneem?

VaalDonkie ·

Die “hele wereld” moes al lankal iets gedoen het. Dis nou te laat. As daar nou oorlog kom gaan dit in die strate wees en nie op die grense nie.

VaalDonkie ·

Ekskuus man. Ek probeer sinvol reageer, maar die NG sensuur raad keer dit. Geniet maar jou dag.

VaalDonkie ·

Daar is al 8 jaar lank konflik in daardie streek. Dit mag dalk nou end kry.

Raakvatter ·

In die ou tyd was sulke mense “hensoppers”. Fight until you can’t fight no more.

Andries ·

Gaan google n bietjie wie is Suid Afrika se ‘closest allies’. Rusland is heel bo aan die lys. Ons nuwe regering is net so kommunisties soos die Russe. Moenie julle verontskuldig nie, ons sien deur julle!

Jr ·

Die mense van Suid Afrika keer dit NIE goed nie. Die ANC is stil want hulle KEER dit goed, skuld die Russe. Dink net hoe n lawaai daar sou wees as Israel iemand sou aanval. Jy sien die Kroatias wat nou ” verdruk” word deur die Russe is reg vir die ANC. HANG NET AF WIE DIT DOEN. RUSLAND chommies – shanana

Sean ·

Ek hoop werklik nie hulle praat van suid afrika as n ontwikkelende land nie Ons is amper terug by grondpaaie

Dana ·

Presies wat die Russe gedoen het in die destydse Tsjeggo-Slowakye in Augustus 1968.

Chantel ·

Ek hoop werklik nie dat SA enigsins daaraan gaan dink om op te tree nie. Mr P se boodskap wat baie duidelik aan die res van die wêreld. Moet nie die krag van Rusland onderskat nie. Ek sidder om te dink wat die stand van die wêreld gaan wees as die VSA hierdie a tweede Iran gaan sien.

Willem ·

Amerika het Green berets,SA het Red berets(Rooi makrappe)Stuur Red berets om te gaan help met knopkieries en assegaaie.Julias sal gaan grond opeis daar!!!!

CA ·

Ek hoop Dirco het ook die afgelope 8 jaar sy stem laat hoor oor die oorlog wat die Oekraine-weermag – met die hulp van neo-Nazi gevegsgroepe – binnelands teen die Russiesprekendes in die Donbas gevoer, en onlangs verskerp het, o.a. met wapentuig wat deur die Weste voorsien word. 14000 plus dood gedurende die tyd. Dit is hierdie voortslepende oorlog wat die Russe wil stopsit.

Kobus ·

Niemand het oor die afgelope 8 jaar hul stemme dikgemaak oor die oorlog in die loopgrawe van die ooste van Oekraiëne nie. Kiev is nie onskuldig nie. Maar die kinders wat nou nog meer gaan ly… Maak die leiers, wat nie tevrede is met hul grondgebiede nie, teenoor mekaar staan – laat hulle mekaar se koppe afblaas. Los die landsburgers uit wat altyd moet ly onder sottighede.

Lindi ·

Nou kan ons politici nie gaan vir “mediese” behandeling nie. Ag shame!!

knolle ·

Ja Pandora. In die land van die blindes is een oog nog altyd koning gewees.

Witbaard ·

Stuur die die EFF se mense daarnatoe om te gaan betoog teen die menseregteskending.

Maritza ·

En wat gaan sy doen? SANDF kon nie eens Makro beskerm nie

Reynier ·

Die wêreld het ‘n oorlog nodig sodat al hulle mense met voornaamwoorde en die ander liberales kan sien dat die wêreld nie net spookasem wolkies en reënboe is nie. Almal dra ‘n jeuk en almal kry swaar nie net die liberales nie.

piet ·

Jy’t geen idee wat oorlog is nie. Was jy al op die gevegsfront?

Charl ·

Ag asseblief, as Putin die wereld ‘n toffie wys wat laat jou dink hy sal na pandor luister, sy’s net so ‘n pateet soos biden.

Aanhouer ·

Proes, proes…
Ons het nie eers ň weermag nie ; bak nou net brode verstaan ek.
Een klein poep teen die donderweer. Putin knip net sy linkeroog, dan is dit verby met ZA.
Kyk na jul eie opgevrotte land : die bewys van jul onvermoë om ň land te regeer. Pateties.

piet ·

Asof die SA Weermag al ooit enigsins iets beteken het. Ons kon nie eers ‘n paar Russiese pilots met hul 3 MiGS en ‘n paar kubane behoorlik in toom hou toe ons gedink het ons was goed nie. LOL

Samuel ·

Ag tog. Wie steur hulle tog aan Suid-Afrika se opinie? Kefferbrakkie.

Marisa W ·

“In ooreenstemming met ons sterk verbintenis tot die vreedsame oplossing van konflik, doen Suid-Afrika ’n beroep op alle partye om groter pogings aan diplomasie te wy en om ’n oplossing te vind wat sal help om verdere geweldstoename te voorkom.”

Bog man – hier in SA steek ons brand en roof en plunder as ons nie ons sin kry nie – wat is dit anders as terreur?!

Waarnemer ·

Waarom stuur ons nie maar ons troepe oor om die Oekrainiers by te staan nie nie..nou praat en praat al die ministers net uit hul veilige kantore uit!!!

quartus ·

Die Russe het hulle nou half doodgeskrik vir hierdie bevel van DIRCO, en is na bewering vinnig aan die vlug uit die Oekraine

Ou bees ·

‘land deur stupid onderhandelinge wat net omgekeerde rassisme tot stand gebring het en ‘n klomp diewe wat soos ‘n sprinkaan plaag alles ten gronde laat gaan het.

Marthinus W ·

Ek gaan my ondersteuning van die DA heroorweeg na dat ek hierdie oningeligte reaksie gelees het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.