Die gevreesde H7-variant van voëlgriep het nou ook na die Wes-Kaap versprei.
Dit nadat hoenders op ʼn plaas in George Donderdag positief vir die siekte getoets het.
Volgens ʼn betroubare bron in die bedryf word sowat 4 200 lêhoenders geraak.
Die Wes-Kaapse regering het die uitbreking Vrydag bevestig en gesê die hoenders het positief getoets nadat hoenders van ʼn plaas in die noorde van die land na die plaas in George oorgebring is. “Die plaas is tans onder kwarantyn geplaas en die hoenders word van kant gemaak,” het dr. Ivan Meyer, minister van landbou in die Wes-Kaap, gesê.
Hy sê dit is “jammer” dat H7 na die Wes-Kaap versprei het nadat plase in dié provinsie die afgelope drie maande geen voorval van die dodelike virus aangemeld het nie.
“Hoender-eienaars in die Wes-Kaap word gemaan om hul biosekerheidsmaatreëls so ver moontlik op te skerp en uiters versigtig te wees om enige nuwe hoenders op hul plase in te bring. Die vervoer van besmette hoenders uit ander provinsies moet ten alle tye vermy word, aangesien dit ʼn enorme impak op die hele provinsie kan hê indien nóg gevalle van die H7-variant hier aangetref word.”
Volgens die Suid-Afrikaanse pluimvee-vereniging is meer as vyf miljoen lêhenne en 2,5 miljoen braaihoenders teen Dinsdag weens voëlgriep van kant gemaak. Die totaal (7,5 miljoen hoenders) is tussen 20% en 30% van die nasionale getal. Gauteng en Mpumalanga word tans die ergste geraak.
Ag asb. Maak net behoorlik gaar en geen “virus” kan dit oorleef.
Gee feite en verdere inligting asb. As dit so maklik was, hoekom is dit dan so moeilik om te beheer.
Ek dink besmetting kan plaasvind wanneer dit verwerk word ook, so dis hoekom dit nie gebruik kan word nie en alles vernietig moet word. So, virus kan versprei word voor dit by die gaarmaak slag kom.
Wat de ………….. hoekom word hoenders vanuit die Noorde hier na ons provinsie ingevoer? Ons hét mos hoenderplase – yslike grotes daarvan – in die Wes-Kaap. Ek sou dink dat daar ‘n verbod geplaas moes word op inter-provinsiale vervoer van hoenders … maar ….eh…. dan sit ons mos nou met ‘n regering wat eerder Dooie Jan as Bang Jan speel.
Hoe de ongeluk bring jy hoenders van ‘n besmette area in ?
Hoor hoor…. die persoon was regtig onosel of wat? Almal weet dan hiervan.
Vraag is hoekom in daardie hoenders uit besmette gebied nie eers getoets nie. Of is dit dalk aspris gedoen. Nou is Wes-Kaap ook in gevaar. Boere moet nou als opskerp om volskaalse uitbreking te voorkom. Vat net een hoender om amok te maak.
Die is soos corona more is alles oorben mense maak geld