Gevriesde liggaam danksy DNS geïdentifiseer

Die gevriesde oorskot van ʼn man wat onlangs naby ʼn landgoed by die Roodeplaatdam gevind is, is dié van die vermiste Zeyn Khan (43).

Die gevriesde oorskot van Zeyn Khan is binne tien dae met behulp van DNS-ontleding geïdentifiseer.

Khan (43) se verminkte liggaam is einde verlede maand naby ʼn landgoed by die Roodeplaatdam gevind nadat hy sowat ʼn maand tevore op 29 November as vermis by die Florida-polisiestasie in Johannesburg aangemeld is.

Lt.kol. Robert Netshiunda sê nou die polisie se slagofferidentifiseringsentrum het ná die uitreiking van die nadoodse verslag in verbinding getree met families wat persone as vermis aangemeld het. DNS-monsters van die familielede is ingesamel en die sentrum kon eindelik Donderdag bevestig dat die DNS-resultate met dié van Khan ooreenstem.

Khan se gevriesde liggaam is op 28 Desember deur polisieduikers uit die dam gebring.

Netshiunda sê ʼn groep mense het die betrokke dag visgevang toe hulle ʼn voertuig hoor aankom het. Onmiddellik daarna het hulle gehoor hoe ʼn voorwerp in die water gegooi word.

Maroela Media het vroeër berig die liggaam was geskend met die kop, arms, bene en geslagsdele wat vermis word.

Die polisie ondersoek ʼn saak van ontvoering en moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Pietertjie ·

Ek dag die SAPS se forensiese afdeling is agterstallig met honderde duisende toetse. Of moes iemand weer opdok vir privaat-analise?

Johann101 ·

Die forensiese afdeling het basies tot stilstand groom… hoeveel hofsake kan nie voortgaan nie a.g.v DNA verslae wat uitstaande is…
Maar wonderwerke gebeur ook nog met die anc regering…

Yvonne ·

Ek neem aan as jy geld het gaan die proses vinniger…wonder maar net

E ·

Kyk as my geliefde vermis word en hulle het ‘n moontlike liggaam,( onthou sy liggaam het seker nog weefsel en bloed gehad, wat die DNS toets dink ek goedkoper maak) en hulle het ‘n sekere mate van sekerheid (geslag, lenget, haar kleur, etnisiteit) dan sal ek maar die geld uithaal en betaal vir privaat toetse.

Perdeby ·

Hou tog net op wonder, dit is gedoen, maak nie saak deur wie en wie betaal het nie!!! Liewe genugtig, maar die mense kan darem maar negatief wees.

E ·

Grusaam, wat maak dat so ‘n jong man so eindig, mense is gewetenloos.

Stofdonkie ·

Geld of vroue, dis maar waaroor meeste moeilikheid gaan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.