
Die gevriesde oorskot van ʼn man wat onlangs naby ʼn landgoed by die Roodeplaatdam gevind is, is dié van die vermiste Zeyn Khan (43).
Die gevriesde oorskot van Zeyn Khan is binne tien dae met behulp van DNS-ontleding geïdentifiseer.
Khan (43) se verminkte liggaam is einde verlede maand naby ʼn landgoed by die Roodeplaatdam gevind nadat hy sowat ʼn maand tevore op 29 November as vermis by die Florida-polisiestasie in Johannesburg aangemeld is.
Lt.kol. Robert Netshiunda sê nou die polisie se slagofferidentifiseringsentrum het ná die uitreiking van die nadoodse verslag in verbinding getree met families wat persone as vermis aangemeld het. DNS-monsters van die familielede is ingesamel en die sentrum kon eindelik Donderdag bevestig dat die DNS-resultate met dié van Khan ooreenstem.
Khan se gevriesde liggaam is op 28 Desember deur polisieduikers uit die dam gebring.
Netshiunda sê ʼn groep mense het die betrokke dag visgevang toe hulle ʼn voertuig hoor aankom het. Onmiddellik daarna het hulle gehoor hoe ʼn voorwerp in die water gegooi word.
Maroela Media het vroeër berig die liggaam was geskend met die kop, arms, bene en geslagsdele wat vermis word.
Die polisie ondersoek ʼn saak van ontvoering en moord.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Ek dag die SAPS se forensiese afdeling is agterstallig met honderde duisende toetse. Of moes iemand weer opdok vir privaat-analise?
Die forensiese afdeling het basies tot stilstand groom… hoeveel hofsake kan nie voortgaan nie a.g.v DNA verslae wat uitstaande is…
Maar wonderwerke gebeur ook nog met die anc regering…
Ek neem aan as jy geld het gaan die proses vinniger…wonder maar net
Hou tog net op wonder, dit is gedoen, maak nie saak deur wie en wie betaal het nie!!! Liewe genugtig, maar die mense kan darem maar negatief wees.
Grusaam, wat maak dat so ‘n jong man so eindig, mense is gewetenloos.