Gevriesde liggaam dié van vermiste man

Die gevriesde oorskot van ʼn man wat onlangs naby ʼn landgoed by die Roodeplaatdam gevind is, is dié van die vermiste Zeyn Khan (43).

Die gevriesde oorskot van ʼn man wat onlangs naby ʼn landgoed by die Roodeplaatdam gevind is, is dié van die vermiste Zeyn Khan (43).

Volgens kol. Dimakatso Sello, polisiewoordvoerder, is Khan op 29 November as vermis by die Florida-polisiestasie in Johannesburg aangemeld.

Luidens ʼn kennisgewing wat destyds deur die groep Missing Children South Africa gedeel is, is Kahn op dié dag vir die laaste keer in die Greymont-omgewing gesien. Sy voertuig is later verlate in Eldoradopark gevind.

Maroela Media het vroeër berig dat dié liggaam geskend was, met die kop, arms, bene en geslagsdele wat vermis word.

Die misdaadaktivis Yusuf Ambramjee het Donderdag op Twitter gesê daar was eise vir ʼn losprys, maar geen bewyse van lewe is getoon nie. Die polisie het nie op ʼn navraag rakende dié stelling reageer nie.

“Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en versoek enigiemand met inligting om kapt. Cloete van die Kameeldrift-speurders by 082 822 6926 te bel.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

marius ·

Gaan soek die gemors en doen dieselfde . Wetgewing in die hool beteken niks .

Perdeby ·

Dit is verskriklik, en nou moet die familie die trauma verwerk dat sy liggaam so geskend is eintlik niks oor is nie. Ne dit is net te erg. Net wilde roofdiere tree so op. Die doodstraf moet terug kom, dis al wat hierdie onmenslike wilde diere bietjie sal laat skrik.

Stofdonkie ·

Dit sal nie werk nie, die wetstoepassers en regstelsel is te stukkend vir doodstraf om te werk. Boonop sal hulle net die doodstraf gebruik op sekere rasse en sê dis vir BEE doeleindes

Johanna ·

Die man kon deur mense na aan hom vermoor geword het. Hy was dalk meer werd dood as lewendig..
Ons gaan deur n tyd waar mense GREEDY is vir geld.
Dit is n siek samelewing en nie elke moord is rassisties nie.
Geldgierigheid is hoog op die lys.

Andries ·

Erg, baie erg. Wie doen sulke goed en wat is die agenda agter dit? Geen hart as jy so iets kan doen nie en vedien die ergste denkbaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.