Gevriesde oorskot van man in Roodeplaatdam gekry

(Argieffoto: Kent Williamson)

Die polisie in Pretoria ondersoek ʼn saak van moord nadat die gevriesde oorskot van ʼn man naby ʼn landgoed by die Roodeplaatdam gevind is.

Konst. Lethabo Mashiloane, polisiewoordvoerder, sê ʼn lid van die publiek het Maandag omstreeks 23:00 ʼn voertuig op die brug oor die Kameelfonteinpad opgemerk. Die vrou het ook gesien hoe iemand iets in die dam gooi en het die polisie ontbied.

Volgens Mashiloane het die polisie blitsig gereageer en die gevriesde liggaam van ʼn man, toegedraai in plastiek, by die Riverside-landgoed gevind.

“Die liggaam was geskend, met die kop, arms, bene en geslagsdele wat vermis word.”

Die polisie het ʼn beroep op inwoners gedoen om na vore te kom met enige inligting oor die voorval. Enigiemand met inligting daaroor kan lt.kol. Wouter Diamond by 082 822 8322 of kapt. Cloete by 082 822 6962 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.