Gewapende bende bestorm polisiestasie

(Argieffoto: SA Polisie/Facebook)

ʼn Polisiestasie in Limpopo is Sondagaand deur ʼn gewapende bende bestorm en polisielede met vuurwapens aangehou.

Die provinsiale polisiekommissaris van Limpopo het ʼn 72-uur-aksieplan van stapel gestuur, om te soek na die verdagtes wat die Malamulele-polisiestasie aangeval en beroof het.

Volgens kol. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder in die gebied, het ʼn groep gewapende mans die polisiestasie omstreeks 23:00 bestorm en die polisielede met vuurwapens gedreig. “Van die polisielede is agter in ʼn vangwa gedwing, terwyl een lid beveel is om die stasie se kluis oop te sluit, waaruit verdagtes R5-aanvalsgewere en 9 mm-pistole gebuit het. ʼn Onbekende aantal ammunisie is ook gesteel.”

Verdagtes is toe glo na ʼn nabygeleë koswinkel en vulstasie, waar hulle die ondernemings van ʼn onbekende bedrag geld beroof het.

“Spesialiseenhede in die polisie fynkam tans die toneel en is op die spoor van die swaar gewapende mans,” het Mathe gesê.

Dienste by die polisiestasie is kort ná die aanval tydelik opgeskort, maar die stasie was teen Maandagoggend weer ten volle in werking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Ampie ·

Waar in die lewe word polisie beroof? Pateties, moet maar privaat sekerheids maatskappy kry om hulle op te pas. Minister ‘hoed’ is seker vol verskonings?

groenboer ·

Hy sal op die ou end hoed in die hand voor privaat sekerheidsmaatskappye staan…

Aai ·

Soos ek voorheen gese het die stasie se kluis sleutel moet buite op ‘n patrollie voertuig wees so as julle aandiens kom word wapens uitgeboek en as julle van diens gaan weer terug in gehandig.Dan kan die probleem vermy word deur kluis sleutels nie op kantoor te hou.

Heinrich ·

Drive-through bestelling op pad werk toe…net nog ‘n dag in SA misdaad paradys

Frank John ·

Polisie moet hul sokkies op trek. Hulle word nou die supplies aan kriminele se wapens.

Jakes ·

Wapens word gebuit soos soetkoek. Polisie is lankal al sagte teikens vir kriminele in SA.

Blomme ·

Nou ruk SA se misdaad hand uit… As die polisie nou nie eens meer veilig is nie. My kommer is net dat die regering nie eens praat van strategieë wat hul beplan om misdaad hok te slaan nie… Pla die misdaad regtig nie ons president nie?

Wielspore ·

Onlangs maak ‘n oud verslaggewer van Kaapsehoop die opmerking dat SA dieselfde rigting inslaan soos die huidige situasie is in Mexico waar bendes gedeeltes van die land regeer met geweld ter bevordering van dwelm handel. Polisie in van die gebiede is korrup en is of bang vir die bendes of kyk bloot weg waar misdaad deur die bendes gepleeg word.
Van ons SAPS lede is dit nie werd om ‘n polisieman genoem te word of selfs die uniform te dra, die inhoud van die berig is ‘n bewys daarvan.

Jack ·

GTA South Africa.As real as you can get.No crime to big and no crime to small.

Grassie ·

Die polisie op klein stasies is eintlik ‘n sagte teiken. Daar is snags net twee of drie lede aan diens. Die aanklagkantoor moet oop bly vir die publiek. As daar ‘n stuk of ses gewapende misdadigers instap en wapens op hul rig het hulle nie ‘n kans nie. Hulle kan die kluis oopsluit of word vrekgeskiet, soos ook by plaasaanvalle gedoen word. Soos Aai hier bo sê, daar moet reëlings getref word dat die wapenkluis se sleutels nie by die polisiestasies gehou word nie.

Andre ·

Geluukig moet hulle nou aansoek doen vir vuurwapenlisensies, dan sal Gun Free SA hulle moontlik verkla.

marius ·

Bwahahhaaa . Hulle gaan nou atletiek skoene in plaas van stewels kry .

Genis ·

Hulle het foon van mikkie afgehaal, en geslaap…. Ek is bereid on hoed daarop te wed…

SlinkseKoljander ·

Hoekom bestorm hulle? Loop net in met gratis KFC dan ruil jy dit vir wapens en ammunisie.

Vernon ·

Van hulle is nie werd om lede te wees nie. Seker weer geslaap. “Useless ” verby……

WILLEM ·

Waar gaan ons land heen?? Laat weet aub watter bevolkings groep is verantwoordelik vir al die moorde/korrupsie/verkragtings/diefstaf en bende geweld. Verklaar oorlog teen diesulkes en verban hulle na ‘n ander land – ons tronke is te klein om hulle te huisves.

Shakespeare ·

Almal weet watter bevolkings groep dit is. Voor die hand liggend.

Swerwer ·

Wys net wat dink die boosdoeners van die SAPD. Hul weet baie goed daar gaan nie teen hul opgetree word nie. Onthef Hoed uit sy pos en dinge sal drasties verander.

Misky ·

Ons lokale buurtwag en ADT is op die ball. Kry hulle om die polisie te gaan oppas

Androclus ·

Miskien sal hulle nou op hulle pos wees,want hulle was van ‘n pos af ahahaahh

Frikkels ·

Dit kom daarvan as onopleibare skepsels in vertrouens posisiess geplaas word.
Misdadigers is veronderstel om bang te wees vir die polisie. Maar met kader ontplooiing voorsien die staat misdadigers van kleiduiwe wat op ñ tak sit en wag om afgeskiet te word. Mooi man! 10 uit 10 vir kader ontplooiing.

Blikkies ·

Vandat hulle te lui geword het om as kamp wagte om die polisie stasies wag te hou. Ek is seker hulle almal was seker nog aan die slaap in die aanklag kantoor ook. Ek was self n polisieman in die vroeë 80’s, het self kamp wag gestaan en die stasie opgepas. Ons het ook soos die engelse sê ‘Beat’ gestap in die wyk en moes ten alle tye netjies, wakker en paraat wees. Daar was nie ‘n manier wat dit met ons sou gebeur het nie.
Ek skaam my dood vir die verval.

LeonS ·

Vir Wie moet Hugo nou bel? Dalk op ernstige noot dit raak belaglik en kommerwekkend

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.