Gewapende graad 2 se pa slaan glo op die vlug

Dalpark Primary School Foto: Google Earth

Die polisie is op soek na die pa van ʼn graad 2-leerder wat vandeesweek by sy laerskool in Brakpan aan die Oos-Rand met ʼn gelaaide vuurwapen opgedaag het.

Kapt. Kay Makhubele, provinsiale polisiewoordvoerder van Gauteng, het Vrydag aan Maroela Media gesê die polisie het die leerder aan Dalpark Primary School se pa gaan soek om hom te ondervra nadat die seun met die vuurwapen, gelaai met skerp ammunisie, by die skool opgedaag het.

Die pa het egter glo ná die voorval aan die groot klok gehang is, die polisie ontduik en is steeds soek. “Die polisie het ʼn volskaalse soektog na hom van stapel gestuur,” het Makhubele gesê.

Nadat die saak Dinsdag aanhangig gemaak is, is daar bevind dat die vuurwapen se reeksnommer glo afgevyl is en dat die vuurwapen dus ongelisensieer is.

Maroela Media het Donderdag berig die leerder het Dinsdag met die vuurwapen by die skool opgedaag. “Volgens die inligting tot ons beskikking het hy die vuurwapen skool toe gebring met die doel om ʼn ander leerder te beseer,” het Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, Donderdag gesê.

Die polisie is ontbied en beamptes het beslag gelê op die vuurwapen. Die seun is daarna na die Brakpan-polisiestasie geneem. “Die seun is nie aangekla nie en in die sorg van familielede vrygelaat,” het Mabona bygevoeg.

Die leerder is teruggestuur skool toe en die polisie het vir hom berading gereël vir gedragsverandering.

“Die skool se beheerliggaam het reeds met sy familielede vergader om die gedragskode van die skool te benadruk en die erns van die gedrag van hul kind te bespreek,” het Mabona gesê. “Daar is tydens die vergadering bepaal dat die leerder verdere sielkundige terapie moet ontvang.”

Mabona het gesê die departement maan alle leerders om hulself te weerhou van wangedrag in skole en het ouers versoek om die departement by te staan om dissipline binne en buite die skool toe te pas. “Ons sal vinnig optree tydens voorvalle van wangedrag van leerders en onderwysers, aangesien dit by die departement aangemeld word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Al ·

Ek kan net dink waarom die pa op vlug geslaan het…. Afgevylde reeksnommer, ek sê maar eerder niks verder.
Net dankbaar die leerders is ongedeerd.

thelsa ·

Dit lyk mos deesdae as jy by die skool aankom of hulle vir jou vra : “Het jy ‘n vuurwapen aan jou” As jou antwoord NEE is, dan vra hulle jou : “Wil jy een hê?”

Cacophony ·

Seker weer ‘n gesteelde wapen 10 teen 1 uit polisie store

Cacophony ·

Kom nou Johan jy weet dis meer as moontlik gegewe ons “wonderlike” polisiemag se voorkeur vir misdaad. Jy weet dis ‘n absolute geldige aanname om te maak. Selfs hulle eie leier maak sulke aannames.

Dan ·

Geen kind onder die ouderdom van 10 jaar in Suid-Afrika kan ooit strafregtelik aangekla word nie. Geag volgens die Kinder Geregtigheidswet as ontoerekenigsvatbaar. Die feit dat die pa nagtrein ry, is ‘aanduiding dat hy voorheen met die gereg gebots het.

Johan ·

Tot en met die ouderdom van 7 is geen kind toerekenvatbaar nie. Die hof sal geen so kind vervolg nie. Van 8-14 kan dit berede word dat die kind toerekenvatbaar is mits hy tussen reg en verkeerd kan onderskei.
Maar dan moet n sielkundige eers dit vas stel voordat die hof enige strafregtelike stappe sal instel.

Dirk01 ·

Die pappie is n krimineel en sy seuntjie het hom onwetend verraai . Ek dink hier gaan n klompie misdade opgelos word

Jan ·

Pasop vir Johan. Johan is ‘n polisie. Jou houding staan Johan nie aan nie.

Cacophony ·

Johan polisieman? Nie dat ons natuurlik nou wil aannames maak oor Johan nie.

LBS ·

Ek stem saam met Johan. Dit is onregverdig om altyd die Polisie in geheel sleg te maak. Daar IS baie goeies en helde tussen hulle. Asseblief mense, hulle verdien dit nie.

Trigger Happy ·

Monitor die seun se selfoon. Pappiebel hom binnekort om hom uit te dinges…

In elk geval hoe stuur die welsyn so kind terug huis toe?????

Veritas ·

Dinge begin nou duidelik raak. As die pa ‘n gesteelde vuurwapen ( afgevylde reeksnommer) besit het, beteken dit dat hy onwettig optree. Die kind het maar net ‘n verkeerde rolmodel gehad. Hy is nog te jonk om te weet wat alles verkeerd of reg is. Hy volg maar net die voorbeeld wat hy sien.

Gys ·

Sal graag wil weet watter soort wapen dit was. Op Jacaranda nuus was berig dat dit n geweer was.

Boet Fasie ·

Julle almal het mos daagliks. gese die mense moet hulself beveilig en nou verroordeel julle die arme kind wat homself beveilig. Ek hoor tot hulle hond Wagter is paraat en pas die huis op met ‘n AK 47 . Weet nie watter kanon sy ma en pa aan hulle sy dra nie.

Garfield ·

Engelse skool oorwegend gevoed uit die Oosrand townships. Sit twee en twee bymekaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.