Gewapende groep ontwrig ANC-jeugliga-byeenkoms

Argieffoto

ʼn Groep mans wat met gholfstokke en knopkieries gewapen was, het Sondag ʼn ANC-jeugliga-byeenkoms in Boitekong naby Rustenburg in Noordwes ontwrig.

Die groep het kort voor die aanvang van die byeenkoms glo in twee minibustaxi’s by die lokaal stilgehou. Die mans het glo die kragopwekker ontkoppel en daarna bierbottels na sommige mense in die gehoor gegooi.

Tshiamo Tsotetsi, die ANC-jeugliga se woordvoerder in Noordwes, sê sommige mense het in ʼn riool-afvoerpyp geval terwyl hulle na veiligheid probeer storm het.

Die groep is vermoedelik ANC-lede van Sunrise Park, Kroondal en Tlhabane. Daar word vermoed dat dieselfde groep in Januarie verlede jaar ʼn vergadering van die Noordwes-sakeforum by die Hoërskool Matsukubyane in Kanana buite Rustenburg ontwrig het.

Volgens Tsotetsi is die ANC-jeugliga nie verbaas dat die byeenkoms, wat bedoel was om jeugdiges aan te moedig om in die 2019-verkiesing te stem, ontwrig was nie.

“Daar is geen rede om ʼn byeenkoms te ontwrig wat daarop gemik is om jongmense aan te moedig om te registreer en vir die ANC te stem nie. Die mense agter hierdie ontwrigting is leiers van die ANC wat verkeerdelik in die party ingestem is.”

Hy het ook na Supra Mahumapelo, Noordwes-premier, gekap en gesê dit is duidelik dat die ontwrigting onder leiding van Mahumapelo plaasgevind het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lolla ·

Ja want die jeug hoort in skole en plekke van opvoeding. Riool gate hoort toe te wees ANC! Dis hoekom julle probleem babas soos Malemma het wat die wereld baie warm en boos maak vir julle en almal daarin. Die jeug het nie die volwassenheid OF die ervaring om by politiek betrokke te wees of n positiewe verskil in leiding te maak nie!

Amelia ·

Die regering het hul mooi groot gemaak. Laat my dink aan n bederfde kind, en dan wil die ouers huil as die kind aanspraak maak op alles.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.