Gewapende man slaan toe by hoërskool in Rustenburg

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Hoërskool Grenswag in Rustenburg, Noordwes, het Donderdag leerders huis toe gestuur nadat ʼn gewapende man vroeër die dag leerders by die skool beroof het.

Chris Loubser, die skoolhoof, het aan Maroela Media gesê van die leerders was omstreeks 09:15 op die hokkieveld besig met LO-oefening toe die man toegang tot die skoolterrein gekry het. Hy het oor ʼn muur aan die agterkant van die skool geklim.

“Die man het twee meisies met ʼn rewolwer aangehou. Hulle het gegil waarna een van die onderwyseresse hom stormgeloop het,” het Loubser gesê. Die man het die meisies laat gaan en sy aandag op die onderwyseres gevestig. Hy het ʼn skoot op haar afgevuur, maar sy is gelukkig nie getref nie.”

Die onderwyseres het die leerders na veiligheid geneem en in klaskamers toegesluit. Die man het intussen op vlug geslaan met drie van die leerders se selfone.

“Die polisie, Oos-Einde-gemeenskapspolisiëringsforum en vyf veiligheidsmaatskappye het onmiddellik reageer en was spoedig op die toneel. Die leerders is almal ongedeerd na die saal toe geneem toe dit veilig was. Gelukkig is niemand beseer nie. Van die leerders en onderwysers is wel getraumatiseerd en ons het dadelik gereël dat traumaberaders hulle bystaan.”

Die ouers is ontbied en gevra om die leerders te kom haal. Skoolverrigtinge sal môre weer normaalweg hervat word.

Gerugte dat ʼn onderwyseres in die skouer geskiet is, is onwaar.

Die polisie is nog op die toneel om vir leidrade te soek. Maroela Media het navraag by die polisie gedoen en wag nog vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Leon van Rensburg ·

Welkom in die nuwe verbeterde demokratiese Suid Afrika?? Quo Vadis????

Melkies ·

Kom mense, “trace” daai foon, Daar is oulike toeps vandag waar jy jou foon kan opspoor! Vang daai skollie!

Moeks ·

Jammer dat ek hier vra. My kind se foon is gister gesteel. Hoe gaan ons tewerk om dit te trace? Sterkte vir almal by die skool. Dit sal beter word, maar nooit heeltemal weggaan nie. Dit is nou 2 jaar terug wat ons deur so ‘n rooftog is.

Tina du Toit ·

My dogter is in Grenswag en vorige kere is daar ook toegang van agter die skool gekry en die kinders se skool tasse gegryp en gehol. Ek dink ouers sal meer gerus wees as daar dalk meer sekuriteits mense met wapens aangestel kan word om die terrein te patroleer en nie net die 2 by die hoofhekke nie.

Tina du Toit ·

Net een Man???? As jy na die kinders se stories luister was dit meer as een. En dat `n juffrou in die skouer gewond is. Wat is nou eintlik die waarheid.????

Nico Strydom ·

Dagsê Tina
Daar is aanvanklike gerugte versprei, onder meer op WhatsApp, maar die skool het die inligting soos hierbo vervat direk aan Maroela Media gekommunikeer en uitdruklik bevestig dat die onderwyseres wel nie raakgeskiet is nie.
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Gesiggie ·

Oh.. bollie patrollie… hierdie skollie is heeltemal af van sy trollie… wat in die lewe.. nou word skole ook al beroof… waar gaan als eindig, baie goeie werk aan die onderwyseres… jy het jou lewe in gevaar gestel om die kinders te beskerm.. baie bly dat jy nie raak geskiet is… jy is n juffrou duisend, ander sou bietjie bang gewees het om te waag…hoop die kinders kan hul foon trace?…

angelique ·

Kyk dis glad nie lekker as jou kind jou bel histeries en huil en se daar word geskiet en hoor hoe kinders gil en skreeu in die agtergrond nie…daar was al n paar keer toegang verkry tot die skool.. die kinders is bang en onseker.. dis regtig nie lekker om te weet jou kind is nerens meer veilig nie..

m ·

Skole sal moet begin om hulle sekuriteit op te skerp. Dis baie duidelik dat hierdie mense die skole gaan begin target. In hierdie land moet jy eerder voorsorg as nasorg doen………..

Andre Visagie ·

Waarom word daar nie gemeld of dit ‘n blanke of nie-blanke aanvaller/rower was nie? Ons kan nie meer in ontkenning leef en feite verdoesel nie. Feite is nie rassisties nie. Die feit dat die aanval wel plaasgevind het is krimineel, maar dit bly ‘n feit. Wie plaas die verpilgting op verslaggewers om misdadigers se ras te beskerm?? Verslaggewers word dan mos medepligtes om feite te verberg wat in die belang van die publiek se veiligheid is????

Katrien ·

Wat maak dit saak of dit n blanke of nie blanke was, dit was n GEWAPENDE ROWER!

Oom Stoom ·

Ek stem saam André. Die media kan nie gou genoeg dit uitbasuin as die oortreders wit was en die slagoffer/s swart nie. En hoe moet hy opgespoor word as niemand mag sê watter ras hy was nie.

rudi ·

Ras is net belankrik as jy ‘n plaas het of ‘n kompeterende besigheid het. BEEEEE en AA kyk net na kleur as dit hul pas.

Oud-Grenswagter ·

Ek was ‘n leerling daar en het in 1992 martrikuleer. Daardie dae was dit veilig en amazing! Nee so seker van nou meer nie. So jammer.

max ·

Ai . Nerens is mens meer veilig nie. Gelukkig is al die stories nie waar nie , dankie tog dink net – dit sou erg gewees het !!!! Daar is nie n huishouding , winkel , kerk of skool gevrywaar v elemente nie. Ek haal my hoed af vir skool wat situasies hanteer sonder om dit toe te smeer. Is ook fantasties om te kon hoor hoe skool in gebed God bedank het vir sy beskerming. Moet se met so hoof en personeel kan jy berge versit. Mense moet begin realisties wees . As jou kind bv vanaand by rondomtalienetbal aangeval word of toeskouer ruk geweer uit is dit nie rondomtalie of hul sekuriteit se skuld nie. Dis die wereld . Ons kan net vir God vra om elke skool te beskerm en elke hoof en onderwyser te bewaar.

Louise ·

Ja baie waar, nie net ons land met geweld nie.
Luister maar net na Amerika hoe “Triger Happy” mense daar is.
Geloof, hoop en gebed is al wat ons kan dra.
Sterkter aan die kinders, ouers en onderwysers.

louisa norman ·

Hi almak die onderwyseres us net gestamp tot op die grond en ek stem met beter heinings en sekuriteit die hoof gaan n plan moet maak met sponsers vir verbeterde sekuriteit

Tania ·

Veiligheid by skole kan deur die land opgeskerp word as alle ouers skoolfonds betaal. Die onderwysdepartement kom nie hulle verpligtinge na.

Stef ·

As daar wet en orde in die land was en krimele het respek gehad vir polisie is al die drastiese stappe nie nodig nie. Ongelukkig het die krimineel n reg wat sommer bs is. Kyk hoe gaan dit in die parliment.. een groot siekte wat aan beheer is van die land.

Annalie ·

Die skool waar my kind is het geld vir nuwe sport toerusting, bussies en toere maar die sekuriteit is te “duur”, ons moet extra betaal daarvoor!

Verbaas ·

Ek is bietjie verbaas. Soos ek verstaan was die eerste persoon wat gestorm het om die 2 meisies te help een van die Gr12 seuns leerders waarop die wapen toe na hom gerig is en gevuur was.

Irene ·

Dis hoogtyd dat rondlopers deur die dag deur polisie deursoek word 90% loop daagliks rond met pistole rond

Monique ·

daar is so baie stories oor wat gebeur het daar is kinders wat self se n meisiekind by die skool is raak geskiet. ek was in Grenswag gewees het klaar gemaak in 2014. dit is baie swak dat sulke dinge in ons land gebeur veral by skole. niemand is nerens eers meer veilig nie. ons sal dringend iets moet doen in die land.

* ·

Ek was net voor die toneel in die engelse klas.Ek het alles gesien,die man was n nie blanke en het n swart hoodie aangehad,hy was nie eers veel gepla nie,hy het rustig ingeloop en weer uitgeloop.Hoe gan ek eksamen skryf?ons gan n handjie vol mense wees dan is sy werk nog makliker.Grenswag sal nooit weer die selle virmy wees nie

T.s ·

Hello ek self in Grenswag ..Ek is in Gr9 is was besig met Klaswerk Op heelboonste Verdieping ,Net skielik was Daar n Geskreeu Orals En daar was uitgeroep Geiselaar ..Die Juf.het die klas onmiddelik gesliut.Daarna het die hoof afgekondig Almal moet Na die aantree Blok toe gaan..Iets het weer gebeer en all Die kinders het Weggehardloop En die Hoof Kondag weer oor Die interkom Af Almlal moet saal toe Gaan en van Daaraf was alles onderbeheer Gebring.Ek het aangehou Bid en Vir God gevra om ons Veilig te hou .

Kameel ·

In die ou dae het ons lesse gekry van die polisie of ek kan nie onthou wie nie oor terrorisme. Hulle het vir ons modelle van handgrenate en bomme gewys en ons geleer hoe ons terrorisme moet hanteer. Is dit nie tyd dat ons kinders ook sulke lesse moet kry, hoe om aanvalle deur misdadigers, betogers, verkragters, dwelmverkopers, kinderporngemors, en so aan, te hanteer nie?

charlene ·

Kameel – die polisie wat ook gereeds by ons toe ek op skool was, hulle het ons gewys wat om te doen en wat om nie te doen nie, Ek (en baie ander mense) sal nie `n idee hê wat om te doen nie. Ek sal wel hyperventilate en dan net in trane uitbars. Kinders moet nie van sulke goed leer nie. Die vuil gemors moes nooit die kinders geroof het nie.

Julene Rousseau ·

Hierdie juffrou het haar lewe op die spel geplaas vir haar leerders. En syt geloof gehad dat sy veikig sal wees. Wat ‘n ongelooflike brawe vrou. Ons plaas ons kinders in ander se sorg daagliks… Jyt iets ongelooflik gedoen!

Ahooy ·

Hoop nie daai beraders probeer van GEMS of POLMED eis nie.
Slegs kliniese sielkundiges word deur hulle betaal. Dienste gelewer deur ander sielkundiges moet deur lede self betaal word!!!

Elanie ·

Die probleme het begin die dag toe kinders toegelaat is om selfone en tablette in skole te gebruik. Dit maak hulle teikens. Dink net hoeveel geldwaarde is net een klas se selfone en tablette, maklike geld vir rowers. Dit is so hartseer die trauma waardeer kinders gaan in ons land.

Cindy ·

Ek wens ek kon verstaan hoekom daar altyd een of ander **** sal wees wat ras opbring!! Wat de joos het dit met enigiets uit te waai??????

charlene ·

Shoe dis vreeslik maar aan daai onnie wat die vark gestormloop het. Jy is `n held!
Ek sit en probeer nie huil nie want die arme kindertjies (ja ek weet hulle is almal al mooi groot) aai my hart gaan uit na die kinders wat daar moet wees. Dit moes erg gewees het. Sterkte aan julle.

Santie ·

Hoe groter die werkloosheid word, hoe meer gewaagd en arrogant sal die aanvalle word.

Dink ·

Die voorval het niks met werkloosheid of roof te doen nie. Dit was ‘n toetslopie om die reaksies van die teikens te toets. Die inligting gaan gebruik word om verdere aanvalle te beplan.
Geen rower wat ‘n vuurwapen het gaan roof ‘n skoolkind se selfoon nie.

Paraat ·

Die onderwyseres se optrede was ondeurdenk, sy kon net so wel nou deel van die moordstatistiek gewees het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.