Gewapende mans beroof entstofspan

Argieffoto bloot ter illustrasie van ‘n inentingsentrum. (Foto: Dr. Zweli Mkhize/Twitter)

Boosdoeners het Saterdag vuurwapens op ’n entstofspan in Soshanguve, noord van Pretoria, gerig en hulle van hul toerusting beroof. Dié toerusting sluit in tablette en selfone wat gebruik word in die implementering van die regering se Covid-19-entstofplan.

Kwara Kekana, woordvoerder van die Gautengse departement van gesondheid, sê vyf gewapende mans in ’n wit Toyota Quantum het Saterdag omstreeks 09:00 op ’n entstofspan van die Tshwane-distrik by die Wonder City-taxistaanplek toegeslaan.

Die verdagtes het vuurwapens op die span gesondheidswerkers gerig en hul van drie tablette, een slimfoon en ses selfone beroof.

Kekana sê geen van die gesondheidswerkers is tydens die voorval beseer nie, maar sal berading moet ontvang.

Dié voorval volg minder as ’n week nadat ’n bakkie van die Wes-Randse gesondheidsdistriksdienste met die toerusting van ’n mobiele entstofstasie, waaronder gazebo’s, in Kagiso gekaap is.

Kekana sê die departement veroordeel die “sinnelose aanvalle” wat plaasgevind het juis in ʼn tyd wanneer Covid-19-gevalle aan die toeneem is en meer inentingstasies opgerig word om soveel mense as moontlik in te ent.

“Ons gesondheidsorgwerkers bly die ruggraat van die gesondheidstelsel tydens die pandemie aangesien hulle steeds ʼn deurslaggewende rol speel in terme van die ontplooiing van die inentingsprogram.”

Die departement doen intussen ’n beroep op enigeen met inligting rakende die twee voorvalle om dit aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Jeepie ·

Die vraag is: het hulle inentings gekry? Ek aanvaar die antwoord is nee.

Jeepie ·

Niks nie. Wonder maar net. Dalk het hulle inentings saam geneem.

Mariana ·

Niks stuit die kriminele in die land nie. En nou is hul teikens gesondheidswerkers en hul toerusting. Klink amper asof hulle opdrag gekry het om dit te doen.

Anel ·

Wys net wat dink hulle van die spuit wat nie ‘n ent is nie!

AmY ·

Ek gee op. Ek kan net nie meer die misdaad in hierdie land hanteer nie.
Eers paramedici en nou nóg gesondheidheidswerkers.
Wat gaan aan?
Wanneer gaan dit ophou?

annie ·

… sal die minister kan cope met nog ‘n span… Die covid-brigade wat sekerlik uit duisende man sal moet bestaan met die baie toetsterreine dwarsoor die land en al die store en ons nuwe labs… Dink net. Wil die prez nie maar huistoe kom nie? Dis amper tyd vir die familie-vergadering.

Dries ·

Solank Ramaphosa en sy kaders hierdie land regeer solank sal dit aanhou

VaalDonkie ·

Die sekuriteit is net so effektief soos die inspuiting

Papsak ·

Ja kyk hulle baie onbevoeg om hierdie land te regeer daarom le die land al dieper in die modder

Kabous ·

Niks kan en gaan misdaad in hierdie land stop nie, tensy hiedie mooi land van ons soos ander lande in die wereld die doodstraf terug bring. Ja die lande wat nog die doodstaf het, het ook misdaad ons weet dit en daardie lande gaan aan soos normaal kyk maar na lande soos Amerika, Arabia en vele ander!, was en is hulle bang vir sanksies nee, dit is hulle land en doen daar soos hulle moet om hulle burgers te beskerm. Hier in ons mooi land word die misdaad meer en meer en hierdie wonderlikke regeering doen niks, maak net beursies vol en ons moet betaal!! Bring die doodstraf terug en niks van “Death Row” nie, as hy of hulle skuldig is aan n misdaad waar die vonis lewenslank is, gee die doodstraf en handel dit af, sommer in die publiek waar die mense dit kan sien en hulle dan besef wat beteken dit om in liefde en harmonie saam te leef

Wielspore ·

Nou word die toerusting gebruik om vals inligting oor inentings te laai en dan is die vals bewyse van inenting te koop. Lekker wen wen situasie!

Realis Thailand ·

Daar moet maar nie na sulke gevaarlike gebeide spanne gestuur word en laat die mesne maar op hulle eie koste na die klinieke toe gaan
Hulle weet goed wie die rowers was maar sal hulle nooit uitlewer nie.

Nico ·

Die ANC regering en die sapd kan nie meer die misdaad stop nie, van die polisie lede is self betrokke, Cele moet eerder gaan skool hou, stel ‘n minister aan wat weet. Die regering moet stop met die aanstel van mk lede hulle weet net om terreur te veroorsaak.

Elméne ·

Nee wragtag, nou het ek ALS gehoor!!!! Dit is omdat hierdie diewe / inbrekers / moordenaar niks oorkom in Suid-Afrika nie dat hulle so uitdagend astrant word!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.