Gewapende mans beroof Welkom-kerk

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie is op soek na twee “netjies geklede” mans wat glo Vrydag ʼn kerk in Welkom in die Vrystaat beroof het.

“Die twee mans het Vrydagoggend die kerk beroof, kort nadat die koster die gebou oopgesluit het,” het konst. Kethabile Mofokeng, ʼn polisiewoordvoerder, Woensdag gesê.

Die mans het die gebou betree en die drie werkers in die gebou met ʼn vuurwapen aangehou. “Hulle is met plastiekkabelbandjies vasgebind en die rowers het kontant geëis,” het Mofokeng gesê.

ʼn Vrou is glo tydens die voorval aangerand. “Die verdagtes wou ook die kerk se kluissleutels, wat in die vrou se handsak was, hê. Hulle het daarna ʼn onbekende hoeveelheid kontant uit die kluis gesteel en gevlug.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

jjobson ·

Uiters skokwekkend,verregaande om kerkgeld te steel. Mag die WET die skelms straf maar die VADER hulle vergewe want hulle weet nie wat hulle gedoen het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.