Gewapende mans brand los op 5 jeugdiges

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Vyf jeugdiges van Steenberg in die suidelike voorstede van Kaapstad is beseer in ʼn skietvoorval Vrydagmiddag laat buite ʼn winkel in dié buurt.

Russel Meiring, ER4-woordvoerder, sê die jeugdiges, tussen die ouderdomme van vyf en 20 jaar, het verskeie skietwonde opgedoen. Hy sê die vyfjarige seun was in ʼn ernstige toestand en die ander vier het matige beserings opgedoen.

Volgens ʼn polisieverklaring het die jeugdiges buite ʼn winkel gestaan toe ʼn voertuig met gewapende mans langs die pad stilgehou het en op hulle losgebrand het. Die jeugdiges het glo na ʼn huis in die omgewing gevlug om skuiling te soek.

“Nooddienste is na ʼn huis in Choirstraat ontbied waar die seuns geskuil het. Paramedici het die vyfjarige seun met lewensondersteunende middels behandel voordat al vyf beseerdes na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is,” sê Meiring.

Die voorval word deur die polisie ondersoek. Meer inligting is nie in dié stadium bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Kat ·

Die anc bestuur dit on die Kaap onregeerbaar te maak.Dit is hulle plan en die minister van polisie is kop in een mus met dit. Dit is waarom daar niks gebeur om dit drasties stop te sit nie.

Wat? ·

Waarvan praat jy? Wat het bende geweld tedoen met die ANC? Die skollies is juis teen die wet so waarvoor sal hulle nou omgee? Die polisie is te bang om in sekere areas in te gaan en die weermag is te slapgat.

Schalk ·

Werklik?! Niemand van ons hou van die ANC nie. Die bendegeweld bestaan al vir donkie jare.

LB S ·

Helen Zilla het hoe lank probeer m die Weermag te ontplooi in die Kaap, maar die huidige REGERING het daarteen geskop! Kamtig is die Weermag nie opgelei vir “crowd control” nie.

Muffin ·

Ongeag ras. Ons weet nie was dit wit of swart wat geskiet het op wit of swart kinders nie. Dit is totaal onaanvaar om op onskuldige kinders te skiet. Hoop en glo hulle sal gevang word.

Weskaap ·

Lees the presidents keepers en vind self uit oor hoe die ANC die bendes bestuur.

Vermeende ·

Kat, nou maak jy die arme DA die slagoffer. Ook mmar goed so want hulle is net so onbeholpe!

Muffin ·

Hallo Kat, ek weet nie wat jy probeer se nie, maar volgens my het die voorval niks te doen met die DA of EFF nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.