Gewapende mans help talle gevangenes ontsnap

Argieffoto bloot ter illustrasie. 

Altesaam 31 gevangenes het Woensdagoggend onderweg na die Pietermaritzburg-landdroshof in KwaZulu-Natal met die hulp van ’n groep swaar gewapende mans ontsnap.

Die polisie kon daarin slaag om van dié ontsnaptes weer in hegtenis te neem. Altesaam 20 ontsnaptes is egter in dié stadium nog op vrye voet.

Brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, sê twee polisiebeamptes het omstreeks 08:00 45 gevangenes van Pietermaritzburg se New Prison na die plaaslike landdroshof vervoer toe die polisievragmotor deur vyf swaar gewapende mans voorgekeer is.

Die mans het die pad met ’n dubbelkajuitbakkie versper, vuurwapens op die polisiebeamptes gerig en die agterkant van die vragmotor oopgedwing. Dit is toe dat 31 van die gevangenes ontsnap het.

Altesaam elf is sedertdien weer in hegtenis geneem. Die soektog na die ontsnapte gevangenes duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Genis ·

So baie gevangenis en amper geen SAPD? Of het hulle solank KFC geen koop?

JM ·

Net in Suid-Afrika … korrup; en alles word vermag deur die loop van ‘n geweer. Die vraag is: waar kry hulle die wapens?! Hoop egter dat die ontsnaptes word gou gevang.

KlipRSA ·

Sal interessant wees om te sien wie almal onder die gevangenes was

Kokerboom ·

Dis soo ala ANC! Ons land is diep verrot! Dis skrikwekkend

Hoekom ·

Jy vervoer nie 45 gevangenes met 2 lig gewapende polisie lede nie. Waar kry ons polisie hulle opleiding? Kleuterskool!?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.