Gewapende ouers bestorm Bredasdorp-skool

Argieffoto van Albert Myburgh Secondary School op Bredasdorp. (Foto: Facebook)

Absolute chaos het Maandag by die Albert Myburgh Secondary School op Bredasdorp in die Wes-Kaap uitgebreek toe verskeie mense – glo ouers van die skool wat gewapen was – die skoolgrond betree en die akademiese program ontwrig het.

Volgens die skool het verskeie ouers die skoolterrein Maandagoggend “met voorbedagte rade” betree. Wat presies daarna gebeur het, is nog onduidelik met inligting rakende die voorval nog uiters beperk. Dit is in hierdie stadium ook onduidelik presies wat tot die ongelukkigheid aanleiding gegee het.

Die bestuur van die skool het wel gesê dit is “onaanvaarbaar” dat sekere ouers meer as ʼn duisend leerders en 42 personeellede onveilig laat voel het.

Bewerings dat die skoolhoof moontlik met ’n skerp voorwerp gesteek is, kon nie dadelik bevestig word nie.

Die skool het die “geweld” ten sterkste veroordeel en ʼn dringende en ernstige beroep op die gemeenskap gedoen kalmte te handhaaf.

Die skool oorweeg nou regstappe aangesien skole aangewese wapenvrye sones is.

’n Saak van vandalisme sal ook by die polisie aanhangig gemaak word.

Ouers is intussen genooi om ’n ouervergadering Maandag om 18:00 in die skoolsaal by te woon.

Verskeie sosialemediagebruikers vra intussen vir gebede vir die skoolgemeenskap.

Maroela Media het die Wes-Kaapse departement van onderwys en die polisie vanmiddag genader om meer inligting rakende die voorval te bekom en verdere inligting sal bygewerk word namate dit bekend gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ralph ·

Nounet op die nuus gehoor van die kinders kon slegs 8 uit 25 skooldae die skool bywoon.
Ek voel saam met die ouers en die spelery met kinders se lewens en toekoms moet tot ‘n einde kom.
Dit lyk asof sulke aksie die enigste manier is om iets gedoen te kry.

Goldy ·

Bredasdorp is een van die heel laaste mooi, skoon Afrikaanse dorpe oor in die land, werklik n besonderse mooi dorp. Dit is nie toelaatbaar vir die ANC nie en hulle sal afbreek en eers na totale transformasie oftewel afbreek ophou. Weskaap wil nie vir onafhanklikheid druk nie en gaaan als so verloor. Swellendam, hermanus en bredas in visier, knysna nou in afglypad.

Wendy ·

Wel as inwoner kan ek getuig dat videos die rondte doen waar baie bloed betrokke is.

Nici ·

Ek sou graag ‘n storie wou lees oor hoe die ANC dit regkry om ons munisipaliteite te vernietig. Kry onwettige plakkers stemreg in munisipale verkiesings? Ek hoop slegs inwoners wat wettig woon en hul munisipale belasting op datum het mag stem.

Blikkies ·

@ Nici, Stem heelhartig saam. Net wettige en betalende inwoners mag stemreg kry in hulle Munisipale verkiesings!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.