Gewapende roof by Gauteng-winkelsentrum

roof by Hyde Park Shopping

Argieffoto (johannesburg.info)

Selfone ter waarde van R1.5 miljoen is Donderdag tydens ‘n gewapende roof uit die Vodacom-winkel by die Hyde Park-winkelsentrum in Johannesburg gesteel.

“Vier gewapende mans het omstreeks 14:30 die winkel betree en die personeel met vuurwapens aangehou,” het lt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die mans het die selfone gesteel en op pad uit het hulle lukraak begin skiet.”

Volgens Makhubela is niemand tydens die skietery beseer nie.

“Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie,” het hy bygevoeg.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het bevestig ʼn vrou is vir skok behandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Pierre Celliers ·

Maklik!!! Sommer net so! Dis hoekom hulle dit doen. Kry dit op ‘n skinkbord!!

Peet Schabort ·

Dit raak nou ‘n beroep en nogal belastingvry. SAID sal hierna moet begin kyk.

Hendrik ·

Is dit tyd om kliente te deursoek voordat hulle ‘n sentrum binnegaan? Dit is amper dieselfde soos in die Apartheidsjare waar alle kliente wat in ‘n winkelsentrum ondersoek is vir bomme.

Theresa ·

Ja nee – Elkeen kry ‘n beurt. Nou is almal weer woes paraat vir ‘n ruk. Niemand word ooit gevang nie.

Swanna ·

Nee wat dit gaan nog erger word. Hierdie is net die begin. Die skelms sien dat daar niks gebeur nie en hulle word ook nie gevang op kring televisie nie. Ek glo elke winkel kompleks het so iets. Maar soos dit gaan werk niks nie of die klomp wat dit moet beheer is deel van die komplot of weet nie hoe om dit te gebreuk of te werk nie. Het nie die nodige opleiding gehad nie. PATETIES!!!!

Drieks ·

Daar is ‘n patroon van winkels en vragmotor vragte wat gesteel word en dan in swartwoon gebiede in winkels verkoop word. Ons het net nie die magte om dit te stop nie. Die Anc help so mense maklik verryk, daarom gebeur daar niks

Drieks ·

Maroela, jok ek as ek sé hierdie diewe steel vir winkels in swart gebiede, en die trok vragte wat gehijack woord ook. Dit is elke maand in ons nuus dat hierdie gesteelde goedere in hierdie gebiede gekry is. Moet ek die oosrand se nuus vir jul aanstuur of wat. En die Anc weet dit. Hoekom haal jul my kommentaar af.!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.