
Argieffoto ter illustrasie Foto: tja.co.za
ʼn Veiligheidswag en twee omstanders is Saterdagmiddag tydens ʼn gewapende roof by ʼn KFC in Newlands-Wes, KwaZulu-Natal, geskiet.
“Die veiligheidswag is in sy arm geskiet toe ʼn groep van ses gewapende mans ʼn onbekende bedrag geld by hom gesteel het,” het kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die mans het die veiligheidswag omstreeks 12:30 in Inandaweg in Parlock oorval. Die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
“Die veiligheidswag en twee omstanders is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. Nog twee omstanders is op die toneel behandel vir trauma.
Bron: Mpho Raborife, News24
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
Maak mens die hoenders in.
Ha ha Gerhard!!
Ek kan om die dood nie verstaan hoekom die wapen-wet vir gelisensieerde individue so ongelooflik (ongemaklik) streng is terwyl die meeste (al?) die rooftogte met ongelisensieerde wapens gedoen word nie. Iets maak nie vir my sin nie. Word die eerlike ou alweer gestraf?
Geld wat stom is maak reguit wat krom is, Lynette, dit is vryelik beskikbaar in die swart mark