Gewapende roof by KFC

Argieffoto ter illustrasie Foto: tja.co.za

Argieffoto ter illustrasie Foto: tja.co.za

ʼn Veiligheidswag en twee omstanders is Saterdagmiddag tydens ʼn gewapende roof by ʼn KFC in Newlands-Wes, KwaZulu-Natal, geskiet.

“Die veiligheidswag is in sy arm geskiet toe ʼn groep van ses gewapende mans ʼn onbekende bedrag geld by hom gesteel het,” het kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die mans het die veiligheidswag omstreeks 12:30 in Inandaweg in Parlock oorval. Die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

“Die veiligheidswag en twee omstanders is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. Nog twee omstanders is op die toneel behandel vir trauma.

Bron: Mpho Raborife, News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Berdine Vos ·

Ek kan om die dood nie verstaan hoekom die wapen-wet vir gelisensieerde individue so ongelooflik (ongemaklik) streng is terwyl die meeste (al?) die rooftogte met ongelisensieerde wapens gedoen word nie. Iets maak nie vir my sin nie. Word die eerlike ou alweer gestraf?

CHRISTA ·

Is dit nie dalk die regering se manier om wettige wapeneienaars van hulle wapens te ontneem nie? Onthou, hulle het tonne onwettige AK47’s die land ingesmokkel!!!

Lynette ·

Kan iemand vir my vertel waar kry almal al die gewere en ammunisie as hulle n lisensie daarvoor nodig het . En hoe kry hulle dit reg om met die gewere te skiet wat op n ander persoon se naam is ?

scalla ·

Geld wat stom is maak reguit wat krom is, Lynette, dit is vryelik beskikbaar in die swart mark

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.