Gewapende roof by Noordwes-wildplaas

Argieffoto

Een verdagte is in hegtenis geneem nadat vier mans op ʼn wildsplaas naby Wolmaransstad in Noordwes toegeslaan het.

Lt.kol. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het gesê die vier gewapende mans het die perseel Donderdag betree en voorgegee hulle is op soek na een van die werknemers. “Hulle het die werknemers met vuurwapens gedreig, hulle in ʼn stoorkamer laat lê en hulle met kabelbindertjies vasgebind. Hulle het die werknemers se selfone gesteel,” het Makau bygevoeg.

Een van die werknemers is aangesê om die kluis oop te maak, waar ʼn onbekende bedrag kontant gebuit is. “Die verdagtes het in ʼn voertuig van die toneel gevlug. Die polisie is ontbied en vinnige optrede het daartoe gelei dat een persoon in hegtenis geneem is. Die verdagtes se voertuig is met behulp van die lugvleuel by Uitbreiding 7 in Jouberton (naby Klerksdorg) opgemerk. Die polisie het die gebied deursoek en een persoon is in hegtenis geneem.”

Die 31-jarige man wat in hegtenis geneem is, sal na verwagting Dinsdag in die Wolmaransstad-landdroshof verskyn op aanklag van sakeroof.

Die polisie is nog op soek na die ander drie verdagtes. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ouvrou ·

Ja en ons verneem hulle het die weermag kamp buite Kaapstad geroof en BAIE wapens gesteel. Dis die mense wat ons land moet beskerm, maar hulle word geroof??

André ·

Maroela, moet dit dalk Klerksdorp wees wat naby Jouberton is?

Bekommerd ·

Was dit by n kommersiële of privaat wildsplaas gewees?

Marisa ·

Al hierdie rooftogte gebeur net te maklik deesdae. Laat mens dink, nê?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.