Gewapende roof by Sardiniabaai-gastehuis

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie in Port Elizabeth is op soek na drie mans wat Donderdagoggend vroeg by ʼn gastehuis in Sardiniabaai ingebreek het.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 23-jarige man, wat by die gastehuis in Kingfisherlaan tuisgegaan het, is omstreeks 02:00 deur drie onbekende mans wakker gemaak. “Een van die verdagtes was met ʼn vuurwapen gewapen, ʼn tweede met ʼn koevoet en die derde met ʼn panga.”

Die jong man van Pretoria, wat vir werk gereis het, is met kabelbinders vasgemaak en in die slaapkamer toegesluit.

“Die verdagtes het ook by ʼn ander kothuis op die perseel ingebreek. Hulle het altesaam vyf TV-stelle, twee selfone, ʼn klein bedrag kontant en persoonlike besittings gebuit.”

Die rowers het die badkamervensters verwyder en só toegang tot die gastehuis bekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Karolis ·

Die nuutste tendens. Daar sal nog baie van soortgelyke gevalle gelees word.

Phil ·

Dit is asof dit by die dag erger raak in P.E. want mens lees al meer van kriminele gevalle daar…,

jakes ·

Het die rowers ook klippe en vuurhoutjies by hulle gehad want dis verpligtend. Gaan soek hulle in die bosse, hul natuurlike habitat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.