Gewapende roof by Spur in Hartenbos

(Grafika: Takoda Spur Steak Ranch/Facebook)

Da Gamaskop-polisie ondersoek ʼn sakerooftog ná ʼn voorval in Hartenbos Donderdagaand net voor 22:00.

Sers. Christopher Spies, woordvoerder van die polisie, sê vyf gewapende mans het die restaurant betree en personeel aan diens gedreig. “Hulle het ʼn toesighouer aangerand en met ʼn onbekende bedrag kontant gevlug. Hulle het met ʼn Toyota Corolla, wat aan een van die restaurantgangers behoort het, weggejaag.”

Die voertuig is later verlate aangetref langs die N2 naby die afrit na Danabaai.

Spies sê die soektog na die verdagtes duur voort.

Ao. Marizaan du Plessis, ondersoekbeampte, versoek die publiek om na vore te kom met enige inligting wat tot die inhegtenisneming kan lei van die verdagtes. Deel inligting met die polisie by 044 606 2235 of skakel Crime Stop by 08600 10111.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Die Mossel Bay Advertiser het berig die gewapende roof het tydens ʼn vier uur lange beurtkragfase plaasgevind, alhoewel Spur voorsiening maak vir kragtoevoer tydens beurtkrag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SjN ·

Die rowers weet dat hul daarmee sal wegkom weens verskeie redes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.