ʼn Kassier by die Wimpy in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, is van ʼn onbekende hoeveelheid kontant beroof toe twee gewapende rowers toegeslaan het.
“Die kassier was omstreeks 17:45 besig om die winkel te sluit toe twee onbekende mans haar genader het,” het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die verdagtes het haar met ʼn vuurwapen gedreig en die kontant geëis voordat hulle van die toneel gevlug het.”
Volgens Zwane is niemand beseer nie en geen skote is gevuur nie.
“Die polisie in Pietermaritzburg ondersoek ʼn saak van sakeroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.”
Dis duidelik dat hulle honger was . . . Geldhonger . . .