ʼn Man is Donderdag in Boksburg, Johannesburg, ernstig beseer toe hy tydens ʼn gewapende roof geskiet is.
Lt. Juanita Coetzer, woordvoerder van die polisie, het die voorval bevestig.
Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man is in ʼn kritieke toestand. “Die man moes met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem word vir verdere behandeling,” het Steinmann gesê.
Verdere besonderhede oor die voorval is nog nie beskikbaar gemaak nie.