Gewapende roof op bus: Busbestuurder sterk aan

Die Metrobus waar die skietery op 1 April 2015 in Roodepoort, Gauteng plaasgevind het Foto: @Radio702, Twitter

Die Metrobus waar die skietery op 1 April 2015 in Roodepoort, Gauteng plaasgevind het Foto: @Radio702, Twitter

Die busbestuurder wat Woensdag geskiet en gewond is nadat hy sy passasiers in Roodepoort, Gauteng, tydens ʼn gewapende roof wou beskerm, sterk aan in die hospitaal.

“Die bestuurder, Selelo Edward Marwala (58), wat in die maag geskiet is, sterk aan in die Flora-kliniek nadat die koeël tydens ʼn operasie verwyder is,” het Esther Dryer, woordvoerder van Metrobus, aan News24 gesê.

Een passasier is skrams getref. Niemand anders is beseer nie.

“ʼn Groep van ses gewapende mans het net voor 06:00 in die bus gespring toe die op die hoek van Hendrik Potgieter- en Ontdekkersweg stilgehou het om ʼn passasier op te laai,” het Dryer gesê. “Die mans het lukraak begin skiet, vermoedelik om die passasiers te intimideer en die busbestuurder het ingegryp.”

Volgens haar ondersoek Metrobus maniere om die veiligheid van die passasiers op hierdie betrokke roete te verseker, aangesien soortgelyke voorvalle al in die verlede voorgekom het. “Ons het met die polisie en die Johannesburgse metropolisie vergader, en hulle as hulle ons nie kan help nie, sal ons van ʼn privaat veiligheidsmaatskappy gebruik moet maak.”

Volgens Dryer is niemand nog tydens vorige voorvalle geskiet nie. “Ons vermoed wel dit is dieselfde bende,” het sy bygevoeg.

Metrobus is vol verwagting dat die polisie die busse kan vergesel of dat polisiebeamptes saam met die passasiers in die busse kan ry.

Nog foto’s: Talk Radio 702

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

scalla ·

Die vuilgoed moet afgeskrik word deur die doodstraf, op tv nuus gisteraand oor die berig verskyn oorgewig geregsdienaars, wonder of hul ooit kan hardloop as hul moet optree.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.