Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met ʼn gewapende rooftog verlede week buite Villiers in die Vrystaat wat op kamera vasgelê is en waarvan die foto’s wyd op sosiale media versprei word nie.
Sers. Sikiswa Matoti, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat ʼn saak van gewapende roof deur die polisie ondersoek word nadat ʼn motoris op die R103 ongeveer 10 km buite die dorp beroof is.
Foto’s van die roof wat deur die voertuig se paneelbordkamera vasgevang is, is die afgelope week wyd op sosiale media versprei. Sosialemedia-gebruikers het bespiegel oor die omstandighede en slagoffer van die rooftog, asook die vuurwapens wat deur die rowers gebruik word.
Op die foto’s kan gesien word hoe die verdagtes R5-aanvalsgewere op die bestuurder van die voertuig rig. Verskeie bewerings is gemaak dat die vuurwapens deur die polisie of die weermag uitgereik moes gewees het, maar die polisie kon dit nie bevestig nie.Volgens Matoti is ʼn voertuig verlede Woensdag omstreeks 09:50 deur twee ander voertuie, ʼn Audi en ʼn VW Polo, voorgekeer. Matoti kon nie bevestig of die slagoffer se voertuig ʼn motor of ʼn vragmotor was nie. “Vier mans het uitgeklim en R5-aanvalsgewere op die bestuurder gerig. Hulle het met twee sakke, twee selfone en R1 000 gevlug,” het sy gesê. Die bestuurder is nie in die voorval beseer nie.
Matoti het gesê niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie en die polisie is steeds besig met hul ondersoek. Sy kon nie bevestig of die foto’s van die verdagtes wat deur die paneelbordkamera vasgevang is in die polisie se besit is nie.
- Foto: Facebook
- Foto: Facebook
- Foto: Facebook
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
24 Kommentare
Om misdaad in SA te stuit sal die privaat sekuriteits bedryf ‘n intellingensie agentskap moet stig om misdadigers te identifiseer, vang en suksesvol vervolg. Bestaande tegnologie moet ingespan word of/en samewerking met oorseese agentskappe (staatsbeheerde) moet bewerkstellig word.
Dit moet sonder SA regering se inmenging geskied om dit geloofwaardig te hou.
Ek is seker met fotos soos hierdie sou enige oorsese intelligensie/misdaad agentskap alreeds die rowers kon uitken. (EN inhegtenis neem)
DIE HANTERING VAN MISDAAD KAN NIE MEER IN DIE HANDE VAN SAP/ANC GELAAT WORD NIE!
Daar is mense wie vir ‘n wapenvrye Suid-Afrika vra.
Vragie vir die narre: sal die ouens in die foto’s hierbo ook hulle wapens gaan ingee as die res dit doen, sou die wet dit vereis?
Simpel vraag maar dis ongelukkig nodig om te vra.
‘n Baie relevante vraag is ook waar die rowers outomatiese wapens bekom het. Daardie goed kom nie in burgerlikes se hande nie. Waar het hulle dit gekry?
Net soos die vuurwapens by die SAP wegraak so sal dit by die weermag gaan. Vinkel en koljander die een is soos die ander.
Pj. slaan jy nou die spyker op die kop, In my tyd was dit so as jy een patroon nie kon verlaar het nie was die gord gaar.en verslae op verslae om te skryf. As ek die nuus so dop hou wil dit voorkom of die polisie self by die misdade betrokke is en is sommer uitgeruik met wapens en ammumisie………….
Hoekom my kommentaar verwyder. Lyk my almal is bang vir die buitelanders.