
Argieffoto
Drie mans is in Olifantshoek in die Noord-Kaap in hegtenis geneem in verband met ʼn gewapende rooftog by ʼn begrafnisonderneming in die gebied.
“Die drie verdagtes het Maandagoggend tussen 09:00 en 11:00 glo eers op ʼn snoepie toegeslaan en die eienaar met messe gedreig,” het lt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Hulle is daar weg met ʼn onbekende hoeveelheid geld en het daarna op ʼn begrafnisonderneming toegeslaan waar hulle ʼn aansienlike hoeveelheid geld gebuit het.”
Volgens Kock het die mans die drie vroulike personeellede met ʼn vuurwapen gedreig.
“Lede van die polisie in Olifantshoek het dadelik leidrade opgevolg en die mans dieselfde dag nog aangekeer.”
Die verdagtes het verskeie messe en die kontant in hul besit gehad.
“Die mans, tussen 21 en 23 jaar oud, sal binnekort in die Kathu-landdroshof verskyn op aanklag van roof.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
Hulle het seker die tv reeks, terug na egipte gekyk, en gesien Tony maak baie geld, Woestyn se vriende
Hoop hulle gaan in die hof verskyn – of gaan hulle ook ontsnap?
Roof nou al tot voor dooiemans deur…
Ja-nee wraggies Dave, dit was my gedagte ook. Geen besigheid is veilig nie, maak nie saak wat jy bedryf nie. Hulle het seker iemand onlangs begrawe en gesien wat dit kos en besluit dit moet n goudmyn wees. Ek weet net n begrafnis hier is baie goedkoper as daar oor die water.
Dis hierdie soort waarvoor jy versigtig moet wees.
Hulle sal na oorlye jou nog steeds besteel.