Gewapende rooftog by begrafnisonderneming

Argieffoto

Argieffoto

Drie mans is in Olifantshoek in die Noord-Kaap in hegtenis geneem in verband met ʼn gewapende rooftog by ʼn begrafnisonderneming in die gebied.

“Die drie verdagtes het Maandagoggend tussen 09:00 en 11:00 glo eers op ʼn snoepie toegeslaan en die eienaar met messe gedreig,” het lt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Hulle is daar weg met ʼn onbekende hoeveelheid geld en het daarna op ʼn begrafnisonderneming toegeslaan waar hulle ʼn aansienlike hoeveelheid geld gebuit het.”

Volgens Kock het die mans die drie vroulike personeellede met ʼn vuurwapen gedreig.

“Lede van die polisie in Olifantshoek het dadelik leidrade opgevolg en die mans dieselfde dag nog aangekeer.”

Die verdagtes het verskeie messe en die kontant in hul besit gehad.

“Die mans, tussen 21 en 23 jaar oud, sal binnekort in die Kathu-landdroshof verskyn op aanklag van roof.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

scalla ·

Hulle het seker die tv reeks, terug na egipte gekyk, en gesien Tony maak baie geld, Woestyn se vriende

CHRISTA ·

Hoop hulle gaan in die hof verskyn – of gaan hulle ook ontsnap?

SNEL ·

Ja-nee wraggies Dave, dit was my gedagte ook. Geen besigheid is veilig nie, maak nie saak wat jy bedryf nie. Hulle het seker iemand onlangs begrawe en gesien wat dit kos en besluit dit moet n goudmyn wees. Ek weet net n begrafnis hier is baie goedkoper as daar oor die water.

Peet Schabort ·

Dis hierdie soort waarvoor jy versigtig moet wees.
Hulle sal na oorlye jou nog steeds besteel.

Eliza-beth ·

Peet, in Oos Londen waar mys koonouers begrawe is is daar sommer ‘n spul wat daar rondhang en die granietgrafstene afsteel en dit VERKOOP! En ja, moenie vra wie koop dit, “ruthless” begrafnisondernemers wat die bewoording afkry en dan nuwe grafstene maak en herverkoop. Dis hoe erg dit is. Dus – beslis verassing vir my! Mag my assies dan as bietjie kompos ‘n inheemse boom of plant LEKEER laat groei!

Eliza-beth ·

Peet, in Oos Londen waar mys koonouers begrawe is is daar sommer ‘n spul wat daar rondhang en die granietgrafstene afsteel en dit VERKOOP! En ja, moenie vra wie koop dit, “ruthless” begrafnisondernemers wat die bewoording afkry en dan nuwe grafstene maak en herverkoop. Dis hoe erg dit is. Dus – beslis verassing vir my! Mag my assies dan as bietjie kompos ‘n inheemse boom of plant LEKkEER laat groei!

Eliza-beth ·

Oeeps en dan kom my kommentaar met die “typos” sommer twee keer deur – seker sodat almal kan sien van vinnig tik kom foute! Moet natuurlik “skoonouers” (die s bly toe agter by die woord “my”) wees en LEKKER!

Charlotte ·

Ja nee mense is nerens meer veilig nie,dus baie hartseer as hulle die grafstene so plunder van jou geliefdes baie bly hulle het die weters gevang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.