Gewapende rooftog by Bethlehem-landgoed

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van die plaas Arran aan die buitewyke van Bethlehem in die Vrystaat is Woensdag in die vroeë oggendure deur ses gewapende mans oorval en beroof.

Sers. Mmako Mophiring, ʼn polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die mans het die slagoffer omstreeks 01:00 in sy huis oorval. Hulle het deur die voordeur toegang tot die huis bekom. “Die verdagtes het die slagoffer, ʼn man in sy 50s, se hande en voete met draad vasgebind en ʼn baadjie oor sy gesig gegooi,” het Mophiring gesê. Die verdagtes het ook almal klapmusse gedra.

Volgens Mophiring het hulle die man se sakke deursoek en hom in die slaapkamer gelos, waarna hulle ʼn winkel op die perseel geplunder het.

Die aanvallers het twee selfone, agt meter elektriese kabel en ʼn onbekende hoeveelheid diesel gebuit.

“Die man kon daarin slaag om homself te bevry, en het hulp van sy bure ontbied. Hy is nie beseer nie,” het Mophiring gesê.

Die polisie ondersoek ʼn saak van besigheidsroof. Hulle versoek enigiemand wat hulle in hul ondersoek kan bystaan om die Bethlehem-polisiestasie by 058 307 5700 of Crime Stop by 08600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.