Gewapende rooftog by Shoprite in Randfontein

Argieffoto

Argieffoto

Twee gewapende rowers is Vrydag doodgeskiet nadat ʼn groep personeel en klante, waaronder kinders, in die Shoprite in Randfontein, Gauteng, aangehou en beroof het.

“ʼn Groep gewapende mans het omstreeks 18:50 op die winkel in Duncanweg toegeslaan,” het kapt. Appel Ernst, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hulle het glo die klante en personeel in die winkel aangehou.”

Van die verdagtes het na bewering die winkelbestuurder gedreig en hom gedwing om die kontant te oorhandig. “Die bestuurder kon die paniekknoppie druk en motorwagte het na die polisiekantoor gehardloop om hulle in kennis te stel.”

Beamptes van Randfontein-polisie het dadelik reageer en binne minute opgedaag. “Die verdagtes was steeds in die winkel en hulle het op die beamptes begin skiet. Die beamptes het teruggeskiet.”

Een van die verdagtes is op die toneel doodgeskiet, en ʼn tweede is ernstig beseer. Hy is op pad na die hospitaal oorlede.

“Blitspatrollielede van die Wes-Rand, wat ook reageer het, het twee verdagtes in hegtenis geneem,” het Ernst bygevoeg. “Na bewering het tussen vier en ses verdagtes ontsnap.”

Dit is nie duidelik of die verdagtes enigiets gebuit het nie, aangesien ʼn sak vol kontant op die toneel gevind is. “Polisiebeamptes het die winkel deeglik deursoek en die getraumatiseerde personeel en klante, waaronder kinders, na veiligheid gebring.”

Die polisie het een vuurwapen op die toneel gevind wat se reeksnommer mee gepeuter is.

“Geen polisiebeampte is beseer nie, en nie een van die klante of personeel is beseer nie,” het sy gesê. “Werknemers en klante is deur opgeleide nooddienspersoneel bygestaan.”

Brig. Manamela, Randfontein-stasiebevelvoerder, het sy verligting uitgespreek dat geen polisiebeampte of omstander in dié rooftog beseer is nie. “Ons sal alles in ons vermoë doen om die veiligheid van Randfontein-inwoners te verseker.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Pietskiet ·

Kyk as ons polisie so kan op tree gaan suid. Afrika weer ons droom land wees mooi manne in blou dis hoe ons crime moet beveg

franje van spanje ·

Well done polisie en motorwagte!! Ek wonder altyd of die spul wat weggekom het enigsins getraumatiseer is oor 2 van hul makkers dood is…. Ek meen, was dit dalk n boetie of vriend…

GES ·

Baie geluk manne in blou. Dit is merkwaardig dat geen kliënt of winkelassistent raak geskiet is nie. Ek hoop die boodskap versprei in die onder-wêreld. “Crime does not pay!!!!”

lynette ·

Dan se hulle ons moet waaksaam wees agv IS terrorriste!!!!! Ons kry daagliks gedoen met ons eie in hierdie land. Die IS kan ons moontlik aanval, hierdie ander doen dit daagliks.

Lourens ·

Ek dink isis sal vlug en net se nee dis te rof hierso laat ons terug pakistan toe gaan

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.