‘Gewapende rower’ doodgeskiet

Gewapende roof in Burgersfort, Limpopo (Foto: SAPD, Limpopo)

Die polisie in Limpopo is op soek na nog verdagtes ná ʼn gewapende roof Woensdagoggend omstreeks 10:00 by die Twin City-kompleks in Burgersfort.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê veiligheidsbeamptes van Fidelity was op pad om kontant by die Absa-bank af te laai en het in die rigting van die bank gestap toe vier gewapende rowers hulle oorval het. Die veiligheidswagte is van ʼn onbekende bedrag kontant, wat in sakke gedra is, beroof.

“Nog ʼn lid van SBV-veiligheidsmaatskappy, wat in die omgewing was, het gesien wat gebeur en het vinnig reageer en die polisie ontbied. Die verdagtes het in ʼn Amarok van die toneel gevlug en die polisie het hulle agternagesit. Die voertuig was langs St Thomas-kollege in ʼn ongeluk. Van die sakke geld het geval terwyl die verdagtes gevlug het,” het Mojapelo bygevoeg.

Een van die verdagtes is noodlottig gewond en drie persone het te voet gevlug. Die polisie is met ʼn helikopter in die nabygeleë berge op soek na die persone.

“Polisiebeamptes het beslag gelê op twee AK47’s, een pistool en een R5,” het hy gesê.

Die Amarok is na bewering in Praktiseer-polisiëringsgebied as gekaap aangemeld. Enigiemand met inligting kan kol. Elias Zwane kontak by 013 231 0200.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

PJC ·

Ek wonder wat is die oorsprong van die R5 geweer. Die polisie behoort dit tog te kan vasstel.

Al ·

Goeie nuus. Dit wys jou net hoe gevaarlik die rowers werklik is.

Koos de Meyer. ·

Jammer net een. Ons sal vir die ander moet sorg as hulle ooit gevang word. Daar is ook nog ‘n ekstra magasyn met kleefband aan die a.k. Waar kry hulle die. R5 geweer.

Michael ·

Die oolog het net van Eenhana binneland toe geskuif Geewhis kyk die wapens!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.