Gewapende rower doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie het Maandag bevestig ʼn gewapende rower is dood tydens ʼn skietery in die Yako- informele nedersetting buite Butterworth in die Oos-Kaap.

“Die polisie het Saterdag op ʼn gewapende roof reageer nadat twee verdagtes op twee drankwinkels toegeslaan het,” het kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, gesê. “Een van die verdagtes was met ʼn pistool gewapen en die ander persoon met ʼn mes. Die twee verdagtes het die klante in die winkel deursoek en selfone en kontant geëis.” Die twee mans het glo ʼn onbekende bedrag kontant by een van die winkels gebuit.

“Die Butterworth-polisie het vinnig reageer en die verdagte, wat met ʼn pistool gewapen was, gekonfronteer,” het Manatha bygevoeg. “Hy het glo eerste op die beamptes gevuur en die polisielede het teruggeskiet.”

Die man is noodlottig gewond en is op die toneel dood verklaar.

Die tweede verdagte het tussen die plakkershuise verdwyn.

Die polisie het beslag gelê op ʼn ongelisensieerde 9mm-pistool met vyf rondes ammunisie wat die oorlede verdagte by hom gehad het. Sy identiteit is nog nie bekend nie, maar hy is vermoedelik in sy 30’s.

“Twee sake van gewapende roof is teen die oorledene en die tweede verdagte oopgemaak. Die polisie sal ook ʼn geregtelike doodsondersoek doen.” Die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat is van die skietery in kennis gestel.

Die vuurwapen sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of dit tydens enige ander misdade gebruik is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTA ·

Ek hoop nie die polisie sal nou weer veroordeel word omdat hulle hulleself teen ‘n gewapende misdadiger verdedig het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.