Gewapende rower kritiek gewond in Durban

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Gewapende rower veg Woensdag om sy lewe ná ʼn skietery met veiligheidswagte in Westmead-nywerheidsgebied in Pinetown, KwaZulu-Natal.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn veiligheidswag is in die vroeër oggendure by ʼn onderneming deur vyf mans oorval. “Hulle het hom met ʼn vuurwapen gedreig en hom in ʼn toilet ingedwing en aangesê om stil te bly. Terwyl die verdagtes die rekenaars gesteel het, het die veiligheidswag sy kollega gebel wat tot sy redding gekom het.”

Gwala het gesê die veiligheidswag het op die rowers geskiet en een is beseer. “Die ander het met hul buit gevlug.”

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die gewapende rower is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem. Hy bly onder polisiebewaking.

ʼn Saak van gewapende roof is by die Pinetown-polisiestasie aanhangig gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Buitestander ·

Verheug dat daar nog veiligheidswagte wat hulle werk erentig op neem.

Cacophony ·

You live by the sword you die by the sword of dan as jy op iemand skiet gaan hulle vir jou terug skiet. Misdadigers werk nou weer hard aan hulle kers bonusse terwyl onskuldige mense moet boet daarvoor. Simpatie me think not. Uit die hospitaal in die tronk do not pass go and do not even think about collecting R200.

Jan ·

Geen simpatie met die rower nie. Vrywillige aanvaarding van risiko is ‘n eenvoudige beginsel. Elke sport het immers sy beserings.

Hahahehehiehie tjietjie skerp ·

Hahaha hehe thanks Jan, baie skerp, ek hou daarvan!!!!!!

Jean ·

Jammer om te hoor, maar die mense was moeg om stil te sit en aangerand en aangeval en vermoor te word, hulle verdedig hulleself nou, nou is dit nie meer so lekker om ‘n boosdoener/rower/moordenaar te wees nie ne? Nou is daar gevolge vir julle aksies. Live with it.

Pieter ·

Sy verdiende loon, wat maak hy daar. Wens Trump neem toe op die lank ook

gatiep ·

Gelukkig vir die rower dat hy so goeie medies het anders kon hy homself doodgebloei het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.