Speurders van Vredenburg in die Wes-Kaap het ʼn gewapende rower in ʼn yskas gevind.
“Lede van die eenheid was Dinsdagoggend vroeg besig met ʼn operasie in Louwville in Vredenburg en was op soek na ʼn misdadiger in Oxfordweg,” het kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die beamptes het die huis omstreeks 06:30 genader en ʼn inwoner het ontken dat die gesoekte persoon op die perseel bly.”
Die speurders het egter ʼn lasbrief vir inhegtenisneming gehad en hulle het die huis betree en dit deursoek. “Hulle het die yskasdeur oopgemaak en die man daar binne gevind.”
Die 29-jarige verdagte word gesoek in verband met ʼn saak van gewapende roof wat in Februarie 2016 plaasgevind het. Hy is in hegtenis geneem en het vandag weer in die Vredenburg-landdroshof verskyn.
Dis die polisie..vries!
Jy het so pas my aand gemaak!
Hoop die eienaar is ook toegesluit
Die eienaar van die huis – wat ontken het dat die gesoekte daar is – moet VIR SEKER toegesluit word vir dwarsboming van die gereg.
ń Riller..
Hy gaan nou koue voete kry
Ai, hoe lekker lag ek nou vir die storie
Maroela julle opskrif wek die indruk dat die man gewapen was toe hy in die yskas gevind is. Nou sê julle hy word gesoek in verband met ‘n saak van Februarie 2016. Waar is julle gewilde aanhalingstekens of die woord “vermeende”?
Plaas hom op ys vir ‘n ruk!
kan jy nou glo in Vredenburg die huis mense is tesame hoekom lieg hulle sluit hulle ook somer toe
Polisie se saak raak nou warm ja…