Gewapende rower kry 25 jaar

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn 46-jarige man van Noordwes is 25 jaar gevangenisstraf opgelê weens ʼn gewapende rooftog in Klerksdorp.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, Valke-woordvoerder, sê Themba Nene is die afgelope week in die streekshof in Klerksdorp gevonnis nadat hy en nog twee rowers reeds op 19 Julie 2009 in hegtenis geneem is in verband met ʼn gewapende rooftog by Rio Casino in die stad.

“Ten tyde van die voorval het swaargewapende mans die casino binnegestorm en willekeurig skote in die lug geskiet,” sê Rikhotso. “Hulle het die bestuurder toe aangesê om die kluis oop te sluit, R157 760 kontant daaruit geneem en in meer as een voertuig weggekom.”

Hy sê een van die wegkomvoertuie was daarna in ʼn ongeluk betrokke, wat tot Nene se inhegtenisneming gelei het. Twee ander verdagtes is in hegtenis geneem en is later vrygespreek. “ʼn AK47, twee 9 mm-pistole en ʼn kontantbedrag is op die ongelukstoneel gevind.”

Nene is skuldig bevind en tot 15 jaar tronkstraf gevonnis op twee aanklagte van gewapende roof. Hy sal die vonnisse gelyktydig uitdien, maar het ook ʼn verdere tien jaar vir poging tot moord gekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

ne ·

Hoekom so ‘n ligte straf, onskuldige mense word met wapens gedreig. Waar kry hulle die wapens? Of het hulle lisensies daarvoor?

schalk ·

Dit is tyd dat swartes verantwoordelikheid aanvaar vir hul mede swartes se dade,van die president tot die polisie,gevangenisdiens swart mense alleen kan hierdie kriminele elemente aan bande le. Die swart gemeenskap het n mede verantwoordelikheid teenoor die land en sy mense ons kan alleen saamstaan as alle rasse saam n standpunt inneem teen kriminaliteit met swaar strawwe ook vir hulle wat weet maar nie navore kom.President ek doen n beroep op jou om n boodskap uit te dra waar ons polisie stasies ook soggens agt uur oopmaak en nm. vyf uur sluit. Dit is normaal in sekere lande hoekom nie hier nie.

schalk ·

Dit is tyd dat swartes verantwoordelikheid aanvaar vir hul mede swartes se dade,van die president tot die polisie,gevangenisdiens swart mense alleen kan hierdie kriminele elemente aan bande le. Die swart gemeenskap het n mede verantwoordelikheid teenoor die land en sy mense ons kan alleen saamstaan as alle rasse saam n standpunt inneem teen kriminaliteit met swaar strawwe ook vir hulle wat weet maar nie navore .kom.President ek doen n beroep op jou om n boodskap uit te dra waar ons polisie stasies ook soggens agt uur oopmaak en nm. vyf uur sluit. Dit is normaal in sekere lande hoekom nie hier nie. Ek sal my deel doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.