‘Gewapende rower’ sterf ná aanranding

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 27-jarige man is dood nadat ʼn groep mense hom aangerand het ná ʼn sakeroof in Johannesburg se middestad.

“Die polisie het twee mans, onderskeidelik 27 en 29 jaar oud, Saterdag in hegtenis geneem in verband met die rooftog by Dehila Fashion op die hoek van Jeppe- en Delversstraat,” het al Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, gesê.

Vyf mans het glo omstreeks 12:00 die winkel betree en hulself as klante voorgedoen. “Twee van hulle het oor die toonbank gespring en geld geëis,” het Mbele gesê. “Een persoon het met ʼn vuurwapen by die deur gewaak terwyl sy medepligtiges die geld gevat het. Hulle het ook geld by klante gevat.”

Een van die werknemers het glo om hulp geskree en die rowers het met ʼn onbekende bedrag geld uit die winkel gevlug. “Lede van die gemeenskap het die verdagtes agternagesit en twee mans aangekeer. Hulle het ook ʼn vuurwapen, sonder ʼn reeksnommer, gevind,” het Mbele bygevoeg. “Die verdagtes is baie erg aangerand voor die polisie tot hul redding gekom het. ʼn Ambulans het hulle na ʼn hospitaal geneem onder polisiebewaking.”

Die 27-jarige man, wat glo gewapen was, het in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Drie rowers is nog steeds op vrye voet. “Die ondersoek duur voort,” het Mbele bygevoeg. “Die tweede man wat deur die gemeenskap aangekeer is, sal binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn.”

Mbele het gesê die polisie doen ʼn beroep op die gemeenskap om nie verdagtes aan te rand wanneer hulle aangekeer word nie. “Moenie die reg in eie hande neem nie. Wanneer jy ʼn verdagte aanrand, pleeg jy ook ʼn misdaad. Bel asseblief die polisie sodra ʼn verdagte aangekeer is.” Hy het gesê samewerking tussen die polisie en die gemeenskap kan misdaadvlakke laat daal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Sus ·

Sal graag die verloop van dié saak vergelyk met die onlangse opspraakwekkende saak van Parys, Vrystaat……… as ons enigsins weer iets gaan hoor van hierdie aanranding/moord.

Mariaan Cilliers ·

Hoekom keer hulle die publiek. Ons mense is al keelvol vir al die dinge wat in die land aangaan!!! Hulle kom voor die hof net om weer vrygelaat te word om sy werk weer voor te sit! Die polisie kan ook niks doen anders is hulle ook in die moeilikheid. So wat stel die julle voor???

Gerd Lourens ·

Ek sien nêrens dat die winkeleienaar en lede van die gemeenskap in hegtenis geneem en van moord aangekla is nie…

Andre ·

Jip. Wag in spanning om te hoor hoeveel van die “aanranders” gearresteer is ivm die rower se dood. Net om die arrestasies af te rond behoort een van die polisielede wat gaan ondersoek instel het, ook sommer aangekeer te word.
Die voorbeeld is tog in Parys, Vrystaat, gestel.

Liewe lulu ·

Whahahahaaa bel die polisie. As jy die polisie op Dwaalboom bel sit hulle die foon in jou oor neer. En jy kom nie weer deur na hulle toe. Foon bly beset

Eddy ·

Dis naweek,die valke sal maandag die saak oorneem of dalk nie , daar was mos nie witmense betrokke nie

Asjas ·

Die polisie kom nie uit nie, hulle het nie voertuie beskikbaar nie want die EEN voertuig wat hul het is uit om KFC te gaan kry! As hulle hul werk gedoen het sou mense nie reg in eie hande neem nie.

Moeg vir misdaad ·

G’n simpatie met enige rower nie, hy kry wat hom toekom, wat jy saai sal jy maai.

DPJ ·

Man die SAPD wil elke keer met die arestasie spot. Geen publiek mag ooit ere kry dan kan die polisieman bevorder word.

daaan ·

Ek sien nerens dat die polisie n beroep doen op die misdadigers om nie onskuldige mense te beroof en aan te rand nie! Net n beroep op slagoffers om tog nie misdadigers iets aan tw doen nie. More gaan daai misdadiger wat nou deur die polisie beskerm word iets aan die polisie doen!

François ·

Nêrens word van moord gepraat deur óf die polisie óf Maroela soos in die Parys geval nie. Nêrens word van swart lede van die gemeenskap gepraat nie, maar wel van die wit Parys boere. Geen bewyse tot dusver teen Parys boere nie, maar die hele storie in dié geval word duidelik vertel. Nêrens word daar genoem dat daar van die aanranders in hegtenis geneem is nie. In albei gevalle is die beseerdes lewend afgevoer hospitaal toe met ambulanse & daarna in hospitaal dood. Agge nee, ek dink Maroela & SAP het ‘n vooraf vasgestelde ooreenkoms waar dit afhang wanneer dit moord & wanneer dit aanranding is ook wanneer so iets geregverdig word, afhangende van die velkleur, nie so nie?!

Sune van Heerden ·

Dagsê François

Maroela Media is ‘n onafhanklike nuuswebwerf – ons kan dus slegs berig oor feite. In hierdie geval het die polisie nog nie enige aanduiding gegee dat ‘n saak van moord teen die lede van die gemeenskap ondersoek word nie, en die polisie het ook nog nie ‘n aanduiding gegee of enige van die persone wat die man aangerand het, in hegtenis geneem is nie. Ons het dus nie ‘n “ooreenkoms” met die SAPD om self te bepaal wanneer iets “moord of aanranding” is nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Jordaan ·

Dankie vir die reaksie Maroela, maar daar is steeds ‘n vraag oor waarom die ras van die mense in die Parys geval pertinent gemeld word maar hier weer nie?

Chris W ·

Dis nou ‘n geval van goed gedaan lede van die publiek!Die SAPD is in elk geval ‘n nul op ‘n kontrak as dit kom by hul werk doen waarvoor hulle betaling ontvang.Kyk maar die Sabie fiasko die afgelope week.WAAR was die polisie?Hulle het GEEN aristasies gemaak nie en tog kon die betogers groot skade aanrig sonder om gekeer te word.
Die howe is te veel aan die kriminele se kant .Daai een wat gevang is en nog leef sal more weer op borg vrygelaat word en op straat wees om voort te gaan met sy kriminele aktiwiteite.Dis goed een het dit nie gemaak nie.

Pieter.v ·

Mbele vra dat die polisie en die publiek saamwerk om misdaad te laat daal, wel die publiek het saam gewerk en nou is daar een misdadiger minder.

Siestog ·

Ja nee julle ek stem. Wil nou sien of die valke betrek word soos met die Parys boere se saak.

m ·

Hier sal niks van hierdie saak kom nie want kyk wie is betrokke. Dis net as boere iemand sou aanrand of wat ook al dat daar groot ophef gemaak word en hofsake gebeur…..

SMR ·

‘n Paar jaar gelede was my handsak gesteel deur ‘n gewapende man. My stiefma was by ma en het vir hulp geroep. Iemand in ‘n winkel naby het ons kom help. Ons het die man oor ‘n afstand gevolg en die polisie in kennis gestel. Hy is gearresteer. Ek het alles teruggekry – handsak, beursie, bankkaarte, ID, ens. en het besluit om nog steeds voort te gaan met die saak. Los ek die saak, kon hy dit aan ‘n volgende persoon doen. Die uiteinde is dat die man 12 jaar tronkstraf gekry het. Dis meer as wat sommige mense vir moord kry. Dis een geval waar die polisie hulle werk gedoen het. Baie dankbaar. Probleem is dat jy nie mense kan aanvat wat gewapen is nie, want vir hulle is jou lewe niks werd nie – tensy jou of iemand anders se lewe dalk bedreig word.

Theresa ·

As iemand steel, mense sien dit, beleef dit, hul sit hom agterna, moker hom goed – wat op aarde is verkeerd daarmee??
As ‘n kind tog steel, word hy beslis ‘n goeie loesing gegee. Juis om kriminaliteit vroeg hok te slaan.
Mense moet tog weet dat dit glad nie lekker is om die gevolge van ‘n misdaad soos steel en erger te voel nie.
Die polisie het die plig om die gemeenskap te beskerm. Nie anders om nie. Om die polisie te help om hul vas te trek, het voordele – slegs as hul baie vinnig optree en die mense nie dan weer gelos word, omdat daar dit of dat fout gegaan het nie.
So ek verstaan baie goed waarom die gemeenskap die slegtes tussen hul wil verwyder. Daar is NIKS goed aan steel nie.

Realis ·

Let wel: die verdagtes is baie erg aangerand voordat die polisie TOT HUL REDDING GEKOM HET. As jy die polisie ontbied in ‘n noodgeval kom hulle wanneer dit vir hul gelee is. As hulle trop se lede egter aangerand word oor hul skelmstreke is hulle onmiddelik tot die lede se redding.
Dit is waaragtig prysenswaardig. Die aanranders is seer sekerlik ook trop lede, daarom die spoedige reaksie om te verhoed dat hulle ook soos sekere Paryse aanranders vir moord aangekla word.
Dit is nie meer lekker in hierdie oorblyfsel van ‘n land wat op sy tyd onder die beste in die wereld getel kon word nie.

SMR ·

My lewe is meer werd as my handsak. As jou lewe of jou familie in gevaar is, baklei vir al wat jy werd is. Die man wat my handsak gesteel het, was op dwelms en dit het vier polisiemanne gevat om hom vas te pen sodat hulle hom kon deursoek, so wat sou ek vrou alleen teen hom kon regkry? Ek weet ons land se regstelsel is pateties. Ek was baie gelukkig dat dinge vir my uitgewerk het soos dit het en dat die man gestraf is. Ek verstaaaaaan die woede en ongelukkigheid, maar ek hou vol – my lewe is meer werd!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.