Gewapende rowers binne minute aangekeer

Argieffoto

Lede van die Kimberley-blitspatrollie in die Noord-Kaap het Saterdagaand twee verdagtes in hegtenis geneem skaars 30 minute ná ʼn gewapende roof by ʼn dokter se huis.

Twee mans, gewapen met messe, het op die huis in Klisserville toegeslaan. Die dokter se dogter is met messe gedreig en sy het haar selfoon en skootrekenaar aan die verdagtes oorhandig. Hulle het te voet van die huis gevlug en die polisie is in kennis gestel.

“Kimberley se blitspatrollie het vinnig reageer en die verdagtes is binne 30 minute aangekeer. Beamptes het beslag gelê op die gesteelde selfoon en ʼn skootrekenaar ter waarde van meer as R10 000.”

Genl.maj. Phiwe Mnguni, adjunk- provinsiale kommissaris, het die lede se vinnige optrede geloof.

Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Kimberley verskyn hangende verdere ondersoek deur die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

PieterJohannes ·

As die Polisie hulle nie vang nie, is die Polisie sleg. As hulle flink optree en die oortreders aankeer, is die oortreders ‘amateurs’. Sal die selfoon couch warriors ooit tevrede en bly wees.

Chris Ws ·

Die hof gaan hulle oor die vingers tik en se “moenie dit weer doen nie hoor”.En dan kry hulle ‘n opgeskorte vonnis.

Marieta ·

Mooi so, Kimberley polisie. Wil julle nie dalk die res van die mag kom oplei in hoe om hul werk doeltreffend te verrig, nie? Dink net hoe vinnig sal ons land en ons mag dan weer n plek en instansie wees om op trots te wees.

Ben ·

Mooi so Kimberley se Polisie. Wel gedaan. Dit is wat ons as publiek wil he.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.