Gewapende rowers gefnuik

Argieffoto: SAPD / Facebook

Argieffoto: SAPD / Facebook

ʼn Groep mans wat glo beplan het om ʼn gewapende roof uit te voer, is Dinsdag by ʼn vulstasie in KwaMashu in KwaZulu-Natal voorgekeer en in hegtenis geneem.

“Die drie verdagtes het met ʼn wit Toyota Yaris gery en hulle was nog besig om verkenningswerk by die vulstasie te doen toe die polisie op hulle toegeslaan het,” het kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, gesê.

Naicker sê die KwaZulu-Natalse spoorspan, provinsiale misdaadintelligensie, spesiale taakmag en die Valke was almal by die inhegtenisneming betrokke.

“Die verdagtes, almal tussen 29 en 37 jaar oud, is na Greenwoodpark-polisiestasie geneem,” het Naicker bygevoeg. “Uit ʼn voorlopige ondersoek het dit aan die lig gekom dat een van die verdagtes reeds uit is op parool in verband met ʼn skuldigbevinding ná ʼn gewapende roof waarvoor hy 24 jaar tronkstraf opgelê is. Hy het agt jaar tronkstraf uitgedien.”

Die drie verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.