Gewapende ‘rowers’ met aanboordkamera afgeneem

'n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

Die polisie ondersoek die omstandighede rondom beeldmateriaal wat op sosiale media versprei word van ʼn vermeende kaping of gewapende roof wat deur ʼn voertuig se aanboordkamera geneem is.

Die video is Sondag deur Crime SA op YouTube gelaai met ʼn beroep op mense om op die uitkyk te wees vir die mans op die video.

Die voorval het na bewering Saterdag omstreeks 16:22 by die oprit van die M1-snelweg naby die Makro in Fordsburg, Johannesburg, plaasgevind.

Op die video kan ʼn mens sien hoe ʼn wit VW Jetta, met die registrasienommer DL 65 CL GP, skielik in die oprit voor die motor stilhou. Vier verdagtes, waarvan drie met gewere en een met ʼn hamer gewapen is, spring uit die voertuig en pyl op die bestuurder af. Dit is nie bekend wat daarna gebeur nie.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, provinsiale polisiewoordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê die polisie is bewus van die video, maar het nie meer inligting rondom die voorval nie. “Ons is besig om vas te stel wat die omstandighede was,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

at ·

As die saak nie aangemeld was by die polisie nie sal hulle nie weet nie. Hoe moet hulle nou weet?

Francois ·

Right..nou my vraag is..waar kom die video vandaan? Het dit net toevallig by die pers ogedaag of hoe? En is die registrasienommer NOG nie opgevolg nie…ai ai ai..so dis seker weer ‘n inside job!

Dave ·

…. waarvan 3 met gewere bewapen is? Daar is geen geweer op enige plek in daardie video nie!

snip ·

Een word vir jou: OOGTOETS. Is dit net ek wat gewere sien of moes dit nou weer pistole of iets anders gewees het. Die ding skiet en dis wat tel.

Dave ·

Jy sal ‘n oogkundige moet gaan sien. Dit sal nie help vir jou snipperigheid maar wel vir ‘n bril. Verduidelik aan die optic dat jy gewere sien waar daar niks van daai aard binne sig is.

Dave ·

Die ding skiet en dit is al wat tel. ‘n Kannonier skiet dus met ‘n geweer en ‘n kettie skiet ook.

Dave ·

Dit is omdat die regering die publiek ontwapen dat julle nie die verskil ken tussen rewolwers, pistole, karabyne, gewere, kanonne en dies meer.

Steve ·

Swak beriggewing. Feite nie korrek.
VW Polo (VW Jetta)? Gewere (handwapens)?
Word gerus bietjie wakker…

PURE BOER ·

Gestage? Miskien, alles is moontlik in SA.
Kyk n bietjie na die tyd,,,,, net na 22H00, hel ek wil weet waar is dit dan so lig daai tyd van die aand?

Griki ·

Nee, ek is nie oortuig dat hierdie ‘n werklike kaping/aanval is nie. Die tyd op die kamera kan verkeerd wees, maar die ou met die pers hemp lyk dik van die lag as hy uit die motor spring. Niks op die video lyk vir my outentiek nie. Die aanvallers lyk lomp en onbeholpe en sommer net te stupid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.