Gewapende rowers slaan op gastehuis toe

Die verdagte wat in hegtenis geneem is. Foto: Marshall Security

Die verdagte wat in hegtenis geneem is. Foto: Marshall Security

Drie gewapende rowers het Donderdagaand op ʼn gastehuis in uMgeni Park in die noorde van Durban toegeslaan, net meer as ʼn week nadat ʼn vrou wreed in haar huis in dieselfde buurt aangerand is.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Marshall Security, het gesê die maatskappy het kort voor 22:00 ʼn panieksein vanaf die eiendom in Huntersweg ontvang en veiligheidsbeamptes is dadelik na die gastehuis ontplooi. Die SAPD is ook ontbied.

“Met hul aankoms het die beamptes vasgestel dat drie mans, twee met messe en een met ʼn vuurwapen, ʼn gastehuis in die gebied probeer beroof het voordat hulle te voet gevlug het. Marshall Security-beamptes het op die gebied toegesak en na die verdagtes begin soek. Een van die verdagtes is opgemerk en het probeer weghardloop, maar die beamptes het hom agternagesit en vasgetrek,” het Van Reenen gesê.

Die verdagte is aan die SAPD oorgegee om amptelik aangekla te word. Die ander twee verdagtes is steeds op vrye voet, het Van Reenen gesê.

Maroela Media het vroeër berig Sandra Snijders (68) is verlede week tussen Maandagaand en Dinsdagoggend in haar huis in uMgeni Park aangeval. Sy is erg aangerand en gewurg voordat haar aanvallers die huis geplunder en gevlug het. Snijders was in ʼn kritieke toestand toe haar seun haar bewusteloos op die vloer van haar sitkamer aangetref het.

Brian Daish, voorsitter van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum, het vroeër gesê inwoners in die gebied is baie bekommerd oor misdaadvoorvalle wat daar aan die toeneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

anita ·

Als is aan die toeneem…ek wou gister oggend voor checkers se ingang geld trek..so wag ek vir n oom voor my om kla te maak..met 2mannetjies om hom hele tyd..oom loop dis my beurt maar hul bly by atm..ek vra hulle is hul kla..hul se ja..ek beweeg voorentoe..maar hul bly langs my..ek se nee hier is n slang in die gras…soos ek omdraai kom n ander vrou en daar sluk die atm haar kaart..ek se toe jul moet nie geld trek..ou tannie se vir my sy nou net geld by standardbank getrek en wys die 2 uit dat hul ha by se druk die knoppie..toe se sy hul moet loop..ek hardloop om security te roep..daar spring hul in hul kar en ry..mense pasop as jul geld trek..witbank is dit nou die nuutste as jy n vrou of ou mens is hul teiken jou…

Cherokee ·

Marshall-Security, I doubt absolutely you read this forum but if ever any connection reading this, you guys are great! Thanks and lots of thank you’s….. Dave

Skybird ·

Stem saam, Marshall is orals en gee nie moed op totdat booswig gevang is nie. Goeie opleiding en omgee vir sy medemens, kyk hul slagspreuk, Welgedaan

Justice ·

Vir sulke goeie sekuriteitsdiens kan mens met ‘n plesier betaal – welgedaan Marshall Security!

Annie ·

Die land het in n net ontaard vanaf 1994 … kriminele het nou meer reg en hulle kan mos stem ook .. hou die ANC aanbewind

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.