Gewapende rowers slaan toe op substasie

Argieffoto

Kabeldiefstal het Saterdag nog ernstiger afmetings aangeneem toe kabeldiewe tot gewapende roof oorgegaan het om hul buit te bekom.

Ses gewapende rowers het Saterdag, net ná middernag, ʼn substasie in Mulbarton in die suide van Johannesburg bestorm en die veiligheidswagte en ʼn werknemer aangehou.

Isaac Mangena, woordvoerder van City Power, sê die Mulbarton-substasie is tans besig om opgradeer te word en word op die oomblik deur ʼn kontrakteur beheer en beskerm.

Volgens Mangena het die rowers met ʼn vragmotor by die substasie opgedaag en eers die twee veiligheidswagte wat aan diens was oorrompel. Daarna het hulle in die stoorkamer op die perseel ingebreek en ʼn tol met 500 m kabel en vyf met 75 m kabel in die voertuig gelaai.

“Terwyl hulle besig was, het ʼn elektrisiën van City Power daar aangekom. Hy was besig om te werk aan ʼn kragonderbreking in Glenvista en het by die Mulbarton-substasie omgekom om die fout na te spoor. Hy is toe ook oorval en vasgebind,” sê Mangena.

Die rowers het ook drie selfone by die wagte en werknemer geroof, asook op die vlug geslaan met die elektrisiën se gereedskapkis waarin gereedskap ter waarde van R3 500 was.

ʼn Saak van gewapende roof is by die Mondeor-polisiestasie aanhangig gemaak. Mangena het versoek dat enigiemand met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan die polisie skakel of City Power se risikobeheerafdeling by 011 490 7900.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Hoekom is daar nie ‘n kamera op elke substasie met ‘n “live feed” na ‘n sentrale beheerkamer toe nie? Hierdie is mos strategiese sleutelpunte nie waar nie?

Yster ·

Ek raai wat. Dis inside info. Soos met die meeste of alle inbrake en rowe.

Hannetjie ·

Netso…almal werk saam…en deel die buit.Maar daar moet afsetpunt vir die goedere wees…en die ou kry dan ook sy deeltjie.

Wiehan ·

Yster, ek stem saam. Hoe kon 6 rowers ‘ n from van 500m koper kabel alleen op ‘n trok laai. Dit weeg tenminste ‘n ton. Polisie moet net hul of oopmaak

SjN ·

Wiehan, baie maklik, inside job, seker nog een van hul eie trokke met n kraan gebruik.

Wiehan ·

Bietjie in my katalogise gaan kyk. ‘n 11kva 3core kabel weeg so 7.5kg/m. Dus, 500m x7.5= 3750kg.
Hulle het baie pap geeet voordat hulle die roof gepleeg het

trol ·

welkom aan nog n paar onwertige verbindings waarvoor getroue betalers moet opdok.

Chris du preez ·

En wat sê die president. Daar is geen gewapende rooftogte in Suid Afrika

Cherokee ·

Verskaf ‘n skakel na ‘n nuusberig of dier voege waar jy dit gelees het, of bly by feite.

Elvira ·

Jys reg berge val op ons. My NEE stem het in elk geval niks gehelp nie maar eks bly ek het nee gestem. Ek voel goed daaroor.

Koos de Meyer. ·

Ek het vir my buurman gesê die ou wat ja stem gaan saam met my swaar kry, ‘n rinkhals bly ‘n rinkhals..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.