Geweerskote op groep afgevuur tydens Sterkstroom-geweld

Politieke spanning in die Sterkstroom-gebied naby King Williams Town in die Oos-Kaap het Dinsdag breekpunt bereik toe een van inwoners tydens ʼn gewelddadige betoging lukraak skote op ʼn groep mense afgevuur het.

Lt. Namhla Mdleleni, woordvoerder van die polisie, het gesê openbare geweld het tussen twee gemeenskapsgroepe uitgebreek weens verskille oor plaaslike politieke aangeleenthede.

Die geweld het glo omstreeks 13:00 begin. Die burgemeester se huis is gevandaliseer en agt privaathuise is beskadig. Drie huise is heeltemal afgebrand. Een van hulle was die eiendom van die voormalige burgemeester, het Mdleleni gesê.

“’n 35-jarige man is aangekla van poging tot moord nadat hy sy vuurwapen uitgeruk en lukraak op mededingers begin skiet het,” het hy gesê. “Vyf ander verdagtes is in hegtenis geneem vir opsetlike saakbeskadiging. Hulle sal Vrydag in die Sterkstroom-landdroshof verskyn.”

Volgens Mdleleni is plaaslike polisiebeamptes en openbare orde polisiëring na die gebied ontbied om die geweld onder beheer te bring. “Die situasie is baie gespanne en die polisie sal teenwoordig wees totdat alles genormaliseer het,” het hy gesê.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Emile ·

Is Sterkstroom nie eerder naby Queenstown (63km) as King Williamstown (207km) in die Oos-Kaap nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.