Geweld by Pap-sitting veroordeel

‘n Skermskoot uit beeldmateriaal van Maandag se Pap-sitting.

’n Sitting van die Pan-Afrika-Parlement (Pap) het vir die soveelste keer in chaos ontaard.

Die veelparty-vrouekoukus in die Suid-Afrikaanse parlement het intussen voorvalle van geweld wat tydens die laaste twee dae se sittings voorgekom het, ten sterkste veroordeel.

Chaos het onder andere uitgebreek nadat daarop aangedring is dat die presidentskap van Pap op ’n roterende grondslag toegeken word. Pemmy Majodina, ANC-hoofsweep in die parlement en lid van die Suid-Afrikaanse afvaardiging by Pap, is in ’n stadium glo deur ’n afgevaardigde van Senegal geskop.

Nkhensani Kate Bilankulu, voorsitter van die veelparty-vrouekoukus, het gesê Majodina het glo gesien hoe twee parlementslede in ’n rusie betrokke raak en tussenbeide getree om die vrede te probeer bewaar toe sy glo geskop is.

“Die LP, wat deur Majodina as ‘agbare Jibiri van Senegal’ geïdentifiseer is, het later om verskoning gevra en aan die SAUK gesê dat hy ’n selfoon probeer skop het wat deur ’n Zimbabwiese LP gebruik is om hom af te neem. Majodina, wat vroeër gesê het dat sy ’n saak van aanranding teen die Senegalese LP sou aanhangig maak, het die verskoning aanvaar.”

Bilankulu het die voorvalle van geweld veroordeel. “Die tipe gedrag is onbetaamlik vir openbare verteenwoordigers wat verkies is om die land te dien en te lei. Watter voorbeeld stel hulle? Mense kyk op na hulle. Dit lyk nie asof sommige van die lede van die Pap enige belang daarin het om geslagsgebaseerde geweld te beëindig nie. Dit is ’n totale skande.”

Regstreekse beeldmateriaal van die sitting het gewys hoe pandemonium losgebars het met wetgewers wat mekaar beledig en geskel het. Dit kon ook gesien word hoe ’n groep wetgewers in ’n stoeigeveg betrokke geraak het oor ’n deursigtige stembus. In ’n stadium het van die LP’s versoek dat die polisie ontbied word.

Majodina het tydens die sitting gesê dat die Suider-Afrika-streek al jare lank “geboelie” word. “Ons moet dit stop en elke streek die geleentheid bied om hierdie kontinent te lei,” het sy gesê.

’n Ander wetgewer het in antwoord hierop gesê: “Ons word geteister deur Suid-Afrikaners,” en bygevoeg: “Ons is nie veilig in Suid-Afrika nie”.

Tydens ’n sitting verlede week het EFF-leier Julius Malema ’n lid van die Mali-afvaardiging met die dood gedreig.

Kameroen se Roger Nkodo Dang het sedert 2015 twee ampstermyne van drie jaar as president uitgedien.

Hy is voorafgegaan deur Bethel Amadi van Nigerië, en voor dit was Moussa Idriss van Kameroen die president.

Die Pap sit twee keer per jaar drie weke lank by sy hoofkwartier in Midrand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Petrie ·

Die spul het nog geen positiewe bydrae opgelewer en mors net geld. Wat se konstruktiewe bydrae kan malema byvoorbeeld lewer behalwe om chaos te veroorsaak. Hulle is almal n spul papperds wat geld mors.

Werner ·

Hierdie land sal nooit regkom met hierdie klomp narre nie.Weet nie hoekom party mense gedink het hulle kan n land regeer nie.

Samuel ·

Wie kan Afrika ooit ernstig opneem? Afrika is ‘n grap waaroor niemand lag nie. En sulke grapjasse regeer Suid-Afrika v

Fedup ·

Maybe if pap was served for breakfast, this whole kicking and screaming would never have happened?

AmY ·

MM, ek wens julle wil ‘n lag-gesiggie opsie kry. Van hierdie kommentare is skreeu-snaaks.

Misky ·

Die wetgewer het gesê hulle voel nie veilig in SA nie. Suid afrikaners voel ook nie veilig in SA nie en ons is nie, want terroriste is in beheer

Kokerboom ·

Dis maar ‘n pap instelling. Tandeloos, absolute geldvermorsing en floreer in Afrika spesialiteit…eindelose nuttelose vergaderings met geen of min uitkomste. Eindelose praat met geen aksie

annie ·

Onderhou ons belastingbetalers die sirkustent? Wat sou die nut van so ‘n spul Afrikaters wees as ons reeds die AU het wat ok niks doen nie. Gelukkig het ons darem nou ‘n uitlaatklep vir liewe Julius se emosies en kan ons parlement, mind you, het ons nog een, sonder opstande once in a blue moon, ordentlik sitting hou… tensy…

Nie Verbaas ·

Klink vir my meer na n PAP en sous byeenkoms. Malema dreig dan nog mense met die dood en stap ongehinderd voort. Laat ek en jy dit waag.

Grassie ·

Daardie organisasie laat my dink aan ‘n kar met vier pap wiele – hy gaan nêrens.

Dup ·

Dit was regtig ñ feestelike geleentheid…..so tussen die bakleiery deur.
Al wat nog gekort het was ñ paar PAPsakke en hulle was in die sewende hemel.Dit was ñ goeie vertoonvenster vir samehorigheid in Afrika.

Jr ·

Hoekom maak SA se spul maar net ‘n wet wat daai parlement kan ontein sonder vergunning en dan kan mal emmer en kopdoek no 2 hulle eie wette neerlê. What a circus and these people claim to lead us. For heavens sake

Andre ·

Net maar weer die gewone manier van debat voering in SA. Leon Schuster; wens jy kon dit een van jou funnies maak. !

msp ·

Kyk, waar ook al die opstoker malema jy voete neersit is daar probleme.

Grassie ·

Die pap- storie laat my dink aan iets uit my jong jare, baie lank gelede. Die kapenaars praat mos so ‘n bietjie anders as ons hier bo. ‘n Jong polisieman, vars van die Kaap af, moes in Pretoria ‘n Sotho persoon se naam en adres neerskryf. Dit verloop toe min of meer so……
” Wat heet jy?”
“My kroon, ek heet die pap”.
“Nee, man, ek bedoel hoe heet jy?”
“My kroon, ek heet met my hanne”

Misky ·

Dankie vir die grappie deel Grassie, lekker gelag nou en kon dit sommer hoor – ha ha ha ha

Genis ·

Hoe se jy in so n forum openbaar, jy gaan iemand na die sitting dood maak, en kom weg daarmee??? O nee dis mos Afrika, hy kan mos op n podium ook se kill the boer kill the farmer…. Belaglik verby… ANC se puppet

Michael ·

Daar is net een ding wat Afrika kan doen en dis vergaderings, seminare, ondersoeke, en konferensies hou. Hulle kan praat en praat en praat, maar doen, werk en ontwikkel weet hulle net mooi niks van nie. O ja en hulle kan eet en drink en aanwas

Ou Mak Muil ·

As hulle tog net mekaar wil ophou……Yô Oneraboel!!

Daar is niks “honourable” aan die sirkus nie!

Elize ·

Hulle optrede spel net hulle onbevoegdheid en onvolwassenheid uit. Geeneen daar wat kwalifiseer om te lei nie. As jy nie eers 3 dae orde kan handhaaf nie hoe handhaaf jy orde oor Afrika?

Willem ·

Is dit enige wonder dat Afrika alles behalwe ernstig opgeneem word? Al wat die Weste en die Ooste nodig het is in plek – ‘n klomp narre wat die minerale onder hul beheer vir eie gewin aan die smouse verkoop terwyl hulle soos ‘n klomp kleuters mekaar in Engels dreig en slegsê.

Keelvol ·

Afrika is n volslae mislukking….. buitendien wat soek malema daar?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.