Geweld duur voort by Bellville-taxistaanplek

(Argieffoto)

Die polisie in die Wes-Kaap se ondersoek duur voort ná skietvoorvalle by die Bellville-taxistaanplek.

“Onbekende mans het Vrydagmiddag omstreeks 16:00 skote afgevuur en ʼn pendelaar is doodgeskiet,” het brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, gesê. “ʼn Pendelaar en ʼn taxibestuurder is beseer.”

ʼn Swaar polisieteenwoordigheid monitor die situasie.

Twee afsonderlike skietvoorvalle het Vrydagoggend plaasgevind. “Beamptes is Vrydagoggend omstreeks 07:45 na die toneel ontbied ná verskeie skote gevuur is. Twee taxibestuurders is beseer. Die polisie het ʼn verdagte in hegtenis geneem en beamptes het beslag gelê op ʼn vuurwapen.”

Beamptes het Donderdagmiddag sewe verdagtes by die taxistaanplek in hegtenis geneem in verband met ʼn skietery vroeër dieselfde dag. Die persone word steeds ondervra deur die polisie. Niemand is tydens die voorval beseer nie.

“Die skietery hou vermoedelik verband met ʼn voortgesette vete tussen taxi-operateurs,” het Potelwa bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

pieterweskaap ·

Wees net rustig, die Minister van Vervoer gaan na die inperking die taxibedryf uitsorteer…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.