Geweld in skole: Hoe beskerm jy jou kind?

‘n Skermskoot uit ‘n video van ‘n aanrandingsvoorval in 2018 by die George Campbell School of Technology in Durban.

Mesgevegte, skote wat klap en vuiste wat swaai, klink meer soos tonele uit ʼn ouderdomsbeperkte aksierolprent, maar dít is tonele wat al meer gereeld by Suid-Afrikaanse skole afspeel.

Gewelddadige voorvalle by skole is toenemend in die nuus – by laer- én hoërskole – en dit lyk asof daar geen perke aan die erns van die geweld is wat in skoolgange plaasvind nie.

Net vandeesweek is drie seuns, tussen 14 en 17 jaar oud, in hegtenis geneem in verband met ʼn skietvoorval buite ʼn skool in Lenasia, suid van Johannesburg. Verlede maand is ʼn gr. 8-leerder by ʼn Johannesburgse skool dood en nog twee leerders na ʼn hospitaal gehaas nadat ʼn gr. 11-leerder na bewering sy drie medeleerders buite die skool gesteek het. In Maart is ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat ʼn video aan die lig gekom het van ʼn gr. 9-leerder by die Crystal Park High School in Benoni wat deur vyf anders leerders aangerand word.

Die Educators Union of South Africa (Eusa) het selfs verlede maand ʼn beroep op onderwysers gedoen om hulself te bewapen te midde van die toenemende geweld in skole.

Volgens die Johannesburg Parent and Child Counselling Centre (JPCC), ʼn sentrum wat psigososiale ondersteuning en geestelike gesondheidsdienste aan leerders, skole en ouers bied, was daar tot dusver vanjaar opmerklik meer gevalle van geweld tussen leerders. Dit sluit in aanranding, boeliegedrag, verkragting en selfs moord en sommige van dié voorvalle is op video vasgevang en op sosiale media versprei.

“Asof die gewelddadige voorval nie genoeg was om die slagoffers te traumatiseer en te verneder nie, is dit amper asof die oortreder ʼn trofee wil hou van die geweld wat gepleeg is,” sê die sentrum in ʼn verklaring.

‘n Skermskoot uit ‘n video van ‘n aanrandingsvoorval in 2015 by Laerskool Randfontein.

Waar kom die geweld vandaan?

Claudine Ribeiro, direkteur by JPCC, sê hoewel daar nog altyd gebiede en skole was waar daar meer geweld voorkom as in ander, word dié soort voorvalle nou by al meer skole gesien – selfs by private skole of skole wat as “hoofstroom” geag word.

“Wanneer ek kyk na wat ons by JPCC eerstehands beleef, is daar beslis ʼn toename in sistemiese geweld in ons samelewing, waaronder skole. Die soort gevalle wat ons sien, dui daarop dat kinders toenemend meer in gewelddadige huise en gemeenskappe grootword en deur geweld in die gesig gestaar word in verskeie aspekte van hul lewe,” sê Ribeiro.

Die trauma van hierdie gewelddadige voorvalle raak nie net die slagoffers nie, maar ook hul klasmaats, onderwysers, ooggetuies en die breër samelewing wat dikwels aan video’s van hierdie voorvalle blootgestel word.

Volgens Ribeiro is daar verskeie aspekte waaraan dié toename in skoolgeweld toegeskryf kan word. Een daarvan is die hoë vlak van fisieke, emosionele en seksuele mishandeling in huise en gemeenskappe waaraan leerders blootgestel word. Dié voorvalle word dikwels weggesteek en oor geswyg, wat veroorsaak dat kinders wat daaraan blootgestel word, nie die nodige sielkundige behandeling en berading kry om dit te verwerk nie. Dit laat die kind magteloos en buite beheer voel en hy of sy kan dan kies om geweld te gebruik om moeilike situasies te hanteer.

Ribeiro verwys ook na hoë vlakke van werkloosheid en armoede in die land, wat miljoene leerders in skole raak. “Wanneer kinders en hul gesinne deur armoede in die gesig gestaar word, kan desperaatheid en frustrasie daartoe lei dat hulle onwettige maniere kies om dié omstandighede te hanteer, soos dwelmmisbruik en bendeverwante gedrag. Dit is dan dikwels die oorgang na geweld.”

Maar wat van geweld onder leerders wat in gegoede gebiede grootword en nie geweld eerstehands in hul huise beleef nie?

“Ons vind dat kinders minder empaties is en oor die algemeen sukkel met die kwessie van empatie. Ons probeer daarom daardie kwessie in skole aanraak, deur middel van berading én opleiding,” sê Ribeiro. Sy meen daar kan verskeie redes wees hoekom dit die geval is.

Die Forest High School in Forest Hill waar ‘n gr.8-leerder in Junie 2019 met ‘n mes doodgesteek is. (Foto: Bhekikhaya Mabaso/ANA)

“Sommige kenners voer aan in huise en gemeenskappe waar daar hoë vlakke van geweld voorkom, is dit ʼn vorm van selfbeskerming [om minder empaties te wees]. Nog navorsing toon ʼn toename in skermtyd onder kinders waar daar nie interaksie met ʼn lewende wese plaasvind nie, maar slegs met ʼn skerm, kan lei tot ʼn afname in empatie en jou vermoë om met ander te empatiseer.

“Dit skep byna ʼn ‘onwerklike’ scenario, waar kinders verwyderd voel van die werklikheid. So, dan kan hulle maar iets leliks vir iemand sê en hulle kan ʼn verskriklike teksboodskap stuur en direk lelik met iemand wees, en dikwels is daar geen gevolge hiervoor nie. So, dit word ʼn bose kringloop.”

Sy sê voortgesette probleme waaraan daar nie ontsnap kan word nie, soos armoede, dwelmmisbruik, ʼn gebrek aan sanitasiegeriewe, en so meer kan emosies oor ʼn tydperk laat opbou en geweld word dan die manier waarop dié probleme hanteer word. Dié hanteringsmeganisme kan ook van een generasie na die volgende oorgedra word.

Dr. Marshinee Naidoo, ʼn psigiater by die Akesa Alberton- psigiatriese hospitaal, stem saam dat kinders wat aan geweld blootgestel word, meer geneig is om self gewelddadig te wees. “Selfs geweld in die media soos flieks, televisiereekse en rekenaarspeletjies kan ʼn kind se kanse verhoog om gewelddadige gedrag te toon,” sê Naidoo.

“Daar kan ook genetiese faktore wees wat kinders meer laat neig na geweld; sekere soorte breinskade weens kopbeserings kan ook ʼn rol speel in die ontwikkeling van gewelddadige gedrag.”

‘n Skermskoot uit ‘n video van twee leerders van die Lyttelton Manor School wat in Februarie vanjaar geskors is nadat hulle in ʼn vuisgeveg by die skool betrokke geraak het.

Oplossing vir vrede

In ʼn land waar byna die helfte van die volwasse bevolking onder die boonste armoedegrens leef en in ʼn era van tegnologie en sosiale media, wat staan ouers en onderwysers te doen?

“Ek dink dit is nodig dat verskeie rolspelers na die tafel toe kom om meer voorkomend op te tree in hierdie verband,” sê Ribeiro. “Ek sal beslis ʼn beroep doen op die departement van onderwys om te kyk hoe hy ondersteuning kan bied in terme van berading en terapie in skole. ʼn Holistiese benadering moet gevolg word ten opsigte van skoolonderrig sodat daar aandag geskenk word aan al die behoeftes van ʼn kind en nie net hul onderrigbehoeftes nie. Die departement is in dié stadium nie in staat om daardie ondersteuning te bied nie,” sê sy.

Ribeiro sê daar is tans veels te min beraders en sielkundiges wat skole moet ondersteun en dié wat daar wel is, het heeltemal te min hulpbronne om al die kinders te help wat gehelp moet word. “Daar kan byvoorbeeld gebruik gemaak word van leerdersielkundiges en interns wat graag ervaring wil opdoen. Dit sal vir ons baie waardevol wees as die departement van onderwys ʼn vennoot kan wees in ons pogings om skole te ondersteun.”

Die probleem van geweld in skole kan ook aangeraak word deur behoorlik opleiding aan onderwysers en ouers te gee om die kwessie te identifiseer en te hanteer, sê Ribeiro. “Ouers het ʼn belangrike rol om te speel. Hulle moet oplet na die behoeftes van hul kinders en raaksien as hul kind nie gelukkig is of as iets nie reg is nie, eerder as om te hoop dat dit maar net self sal weggaan.

“Ouerskap is nié maklik nie en ʼn uiters veeleisende rol om te vervul. Skole kan byvoorbeeld daarna kyk om vaardigheidskursusse vir ouers beskikbaar te stel en hulle sodoende help om die vaardighede aan te leer wat nodig is om doeltreffende ondersteuning aan hul kinders te bied.”

Naidoo sê ouers moet op die uitkyk wees vir ooglopende tekens dat hul kind dalk na gewelddadige gedrag kan oorgaan en onmiddellik ingryp indien dié rooi ligte waargeneem word. “Ernstige fisieke bakleiery met maats of gesinslede, erge verwoesting van eiendom, of ʼn kind wat uitermatige woede toon vir onbenullige redes, is tekens dat ingryping dringend nodig is,” sê sy.

“As daar opgemerk word dat ʼn kind selftoegediende beserings het, of ʼn kind selfmoordneigings toon of ʼn beheptheid het met selfmoord of geweld, moet hulle so gou moontlik professionele hulp kry.” Sy sê onderwysers moet onmiddellik ouers in kennis stel indien ʼn kind dreigende gedrag by die skool toon en in ernstige gevalle kan dit nodig wees om wetstoepassingsowerhede te betrek, byvoorbeeld wanneer die kind ʼn wapen by hom of haar dra.

Van die tekens waarvoor ouers op die uitkyk kan wees, sluit in:

  • Fisieke aggressie of bakleiery
  • Onbeheerste woede-uitbarstings
  • Boeliegedrag
  • Brandstigting
  • Dreigemente of pogings om ander seer te maak
  • Die gebruik van wapens
  • Wreedheid teenoor diere
  • Opsetlike verwoesting en beskadiging van eiendom

“Wanneer kinders en hul families betyds die nodige professionele ondersteuning kry, kan dit ʼn enorme verskil in die kind se lewe maak in die jare wat kom. Dit is daarom noodsaaklik dat volwassenes verstaan hoe om die waarskuwingstekens raak te sien en dadelik optree om die kind te help om geweldsneigings te oorkom,” sê Naidoo.

Ribeiro moedig ouers aan om met hul kinders te praat indien hulle onraad merk en deurentyd die kommunikasiekanale oop te hou sodat die kind gemaklik voel om te erken wanneer hulle probleme ondervind. “Praat met jou kind en vra hulle hoe dit gaan. Moenie ongelukkigheid of ontsteltenis net afmaak as tienergedrag nie. Herinner jou kind daar is geen probleem wat te groot is om op te los nie, en maak nie saak wat skeefloop nie, jy sal hulle nie verwerp of wegstoot nie.”

Bel die Johannesburg Parent and Child Counselling Centre (JPCC) by 011 484 1734 of stuur ʼn e-pos na [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Jaco ·

Ek dagvaar die boelies dat dié verniet sal moet werk tot in sy of haar 40’s. Sal die boelies finansiel ruineer.

TDW ·

Hoe beskerm ek my kind? Ek sit hom in Afrikaanse skole wat nog Bybel opening het. Daar gaan nogtans boelies wees, maar sonder messe en gewere.

Jaco ·

Bie sogenaamde boelies word aangemoedig deur hul maats (die eintlike boelies)

jo ·

Dit kom van hulle huise af, ouers het nie meer tyd vir hulle kinders nie, altwee ouers moet werk om finansieel kop bo water te hou, alhoewel daar is ouers wat finansieel welaf is en regtig nie nodig het dat altwee werk nie maar hulle werk om meer luukse items te kan koop ens, kinders word kleintyd al in kleuter skole in gedruk, iemand anders maak hulle kinders groot en hulle is net n naweek en n uur of twee in die aand ouers. Helfte van die tyd weet vandag se ouers nie wat hulle kinders doen nie. Gebeur daar iets word skole geblameer of die invloed van sogenaamde slegte vriende! Van kleins af word dinge net in hulle hande gestop, selfone ens solank hulle hulself net besig kan hou. Nee wat, boelies se ouers moet ook vas gevat word.

Cj ·

Ek stem 100% saam met jou dis ons wat ons kinders tenaakom al wat hulle sien is die moeg en gedruinerde weergawe van ons.

Liamari ·

As jy kyk na ‘n groot hoeveelheid van kinders se ouers wat in taverns rondhang en dan ook deelneem in geweldadige betogins… daar is dus geen morele kampus nie. Daar sal ‘n oplossing moet kom vir Afrikaner kinders om skool te gaan waar hulle veilig in hul taal opvoeding kan ontvang. Ek kan sien dat skole geopen kan word wat op grond van die Akademia prinsiep werk. Dus spaar jy baie kostes aan personeel aangesien meeste leer telemeaties/elektronies plaasvind.

A ·

Dis so hartseer dat kinders so optree… wat ek ervaar het is soms het ‘n boelie self probleme ondervind en nie die regte ondersteuning gekry van die groot mense wat veronderstel is om ons kinders te lei nie, ek weet dit maak nie dit reg nie maar kyk watse voorbeelde die kinders vandag na moet opkyk, die media en gemeenskappe is vol geweld.

Kula ·

Unfortunately youth are very impressionable and are led by example. They most likely assume that violence is an acceptable way of resolving matters as we are plagued by so many protests and fights within parliament, work places and the streets. Violence and destruction is the order of the day. Some leaders do not lead with integrity or confidence. Corporal punishment was abolished which has led to poor or little discipline. The youth is taught they have rights but yet they have no idea what the real implications of this is. There are no consequences to actions so why should they believe otherwise. People see the damage a bull in a china shop can do yet they just let him in anyway. The bull should be tackled by the horns and put where he belongs!

Koppiekrap ·

Waar is die slim mense nou wat altyd wou he lyfstraf moes afgeskaf word? Nou moet hulle maar verantwoordelikheid neem vir die boeliegedrag en totale anargie by sommige skole.Dissipline is mos nie nodig nie, net sielkundige bla bla. Nou sien ons die resultate.

Anne-Marie ·

Kula…. nobody can put it better than you….not even Barry Roux…..

aapknaap ·

ek ken n vrou in haar 20’s wat self n ma is wat mense om haar boelie en manipluleer, die ergste is sy is ook n ma, so haar kind gaan een van die vele probleme word soos hier bo genoem, want om mense soos niks te behandel is mos reg… dis in die ouers se hande om hul kinders te leer

galore ·

daar is boelies in die skole omdat daar ook politieke boelies is.
kinders kyk op na die ‘hooggeplaastes’ en vol hul voorbeeld.

Schalla ·

Die hele probleem is die samelewing se algehele gebrek aan dissipline en verantwoordelikheid. Ek het dit al soveel keer gesê. Bring die lat terug en kinders sal weer luister as onnies of ouers praat.

Toe ek jonk was was daar ook arm kinders, ek kom self uit ‘n arm skool. Glo my, daar was baie “banies” wat net nie soos vandag op selfone afgeneem is nie, maar vet weet in al my jare het niemand, maar niemand, mekaar met messe gesteek of mekaar geskiet of onnies met die dood gedreig nie want jou gatvelle sou afgetrek word!

En nie net by die skool nie – by die huis nog erger! Dissipline begin by die huis. ‘n Verstandhouding van reg en verkeerd en gevolge vir jou dade/keuses waarvoor jy verantwoording moet doen – dit alles begin by die huis.

Eliz ·

Ek was gevoeter en gedissiplineer en ek was n boelie op skool. Ek het jare lank gewonder waar kom die drang vandaan om ander kinders te onderdruk tot ek eendag besef het ek is jaloers op kinders wat gelukkig is. Ek mag as kind nie gevoelens gehad het nie en in my kinder verstand mag ander kinders ook nie gevoelens he nie. Ek het bekeer teenoor meeste en die wat ek nie kon opspoor nie bid ek dat hul my eendag kan vergewe. My kinders sal eerder leer dat hulle mag kwaad en hartseer en gelukkig voel maar dat daar perke is hoe ons dit uitbeeld.

Willie ·

Boelies word gewoonlik by die huis geboelie… Dis eindelik iemand met n minderwaardigheids kompleks…

Hanna Hoekom ·

Opvoeding en dissipline begin by die huis. Dit is nie die skool se verantwoordelikheid om jou onbeskofte kind maniere te leer nie. Stel n beter voorbeeld vir jou kind. Ouers is dikwels net so geweldadig en krimineel as jy so na al die betogings (plundertogte) kyk. En hou om hemelsnaam op kinders kry as jy dit nie kan bekostig nie!

Jacques ·

Die probleem le by volwasse mense wat alles breek en brand met “protesaksies” . Kyk en leer , dit is hoekom die kinders so is . In somige gevalle is die kinders deel van die aksies en breek en brand net soveel af as die ouers . Dit het lanklaas gebeer maar kyk hoe tree die onderwysers op as hulle staak oor die een of ander rede . My kind word ook nie geboelie by die skool nie want ek boelie terug , en glo my ek het n gewigs voordeel .

Regs! ·

Bring die rottang terug en slaan die kwaad uit die boellies uit. As jy dit kan bekostig, haal jou kind so gou as moontlik uit ons sisteem uit en doen tuis onderrig!

Ettienne Lombard ·

Dit is die regering se eie skuld.
Hulle het die Bybel en Godsdiens uit die skool verwyder.
Hulle het lyfstraf uit die skool verwyder.
Hulle het lyfstraf tuis gekriminaliseer.
Nou wil hulle ons belasting geld mors om verskillende komisies van ondersoek in te stel om te bepaal hoekom daar soveel foute in hulle eie skeppings is. Wat ‘n grap!

Pam ·

Die groot probleem is dat kinders meer regte het as jy wat ‘n volwassene is het. Jy mag hulle nie voeter by die huis nie dan skend jy die kind se regte (ek praat nie van mishandeling nie). My kind het childline en die polisie se nommer uit sy kop geken nog voor hy sy woonadres geken het. As die onderwysers by die skole pak moet gee, dan rebeleer die kinders en rand die onderwysers aan. Vat die regte weg en laat hulle terugkeer na “pakslae” dae. Meeste van ons het pak gekry en nie een van ons rand ander mense aan of moor nie. Behandel ander soos jy behandel wil word.

Petrus Heigers ·

Volgens EUSA word die onderwysers aanbeveel om hulle self te bewapen. Dis egter nie moontlik nie weens celebe se uitlating dat geen wapens in privaat besit wettig is nie

Daan ·

Ek was nog een van die gelukkiges gewees wat lyfstraf gekry het op skool. As ek aangehaag het, het ek dit gevoel. Weens dit is ek vandag die goeie mens wat ek is. Lyfstraf moet trug gebring word as hulle die probleem wil oplos

Terloops ·

Die skool as instelling is ‘n uitgediende een. Die toekoms van opvoeding en onderrig is by die huis, aanlyn en privaat. Skole het ontaard in wat as niks anders as dagsorg instellings ontaard wat na die kinders omsien van diegene wat daardie verantwoordelikheid geabdikeer het aan “Die Onderwyser”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.