Geweld op Kovsie-kampus; 7 studente vas

Betogings het Maandag (10 Oktober 2016) op die hoofkampus van die Universiteit van die Vrystaat opgevlam. Foto: Twitter

Betogings het Maandag (10 Oktober 2016) op die hoofkampus van die Universiteit van die Vrystaat opgevlam. Foto: Twitter

Sewe studente van die Universiteit van die Vrystaat (UV) is Maandagoggend in hegtenis geneem nadat hulle weer op die hoofkampus in Bloemfontein begin betoog het.

Brig. Sally de Beer, nasionale woordvoerder van die polisie, het gesê die studente is in hegtenis geneem omdat hulle ʼn hofinterdik, wat protesaksie op die kampus verbied, verontagsaam het. Volgens De Beer is die situasie op die kampus tans kalm, maar daar is steeds ʼn sterk polisieteenwoordigheid om die situasie te monitor.

Op sosialemedia-platforms het studente vertel hoe betogers klasse binnegestorm het, lesings ontwrig het en selfs traangas in toetslokale gegooi het. By die rekenaarlaboratorium op die kampus het studente uit die gebou gestroom terwyl betogers binne en buite die gebou gesing en gedans het. Dit is nie in dié stadium duidelik hoeveel klasse en toetse vanoggend ontwrig is nie.

Die woordvoerder van die universiteit kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Betogings het Maandag (10 Oktober 2016) op die hoofkampus van die Universiteit van die Vrystaat opgevlam. Foto: Twitter

Betogings het Maandag (10 Oktober 2016) op die hoofkampus van die Universiteit van die Vrystaat opgevlam. Foto: Twitter

Prof. Nicky Morgan, waarnemende rektor van die UV, het Saterdag in ʼn verklaring gesê die universiteit sal al die nodige maatreëls in plek stel om te verseker dat akademiese bedrywighede vandeesweek onverstoord op die kampus kan voortgaan. Morgan het ook ʼn donker prentjie geskets van die praktiese implikasies indien betogers nie toelaat dat klasse vandag hervat word nie, wat onder meer insluit dat 6 000 studente nie vanjaar volledige transkripsies van hul grade en sertifikate vir hul kwalifikasies ontvang nie.

De Beer het aan Maroela Media gesê die polisie sal Maandagmiddag ʼn mediakonferensie hou om verslaggewers in te lig oor die stand van sake op die land se universiteitskampusse.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

henda ·

sluit hulle toe en skors hulle lewenslank van enige universiteit

Annelize ·

Ek stem hulle ontwrig net die studente wat WEL wil leer en dosente se tyd skors hul lewenslank hulle besef of wil nie besef die implikasies nie

Bennie ·

Volgende wat hulle gaan soek is graad sonder eksamens . Stem saam as die minderheid so aangaan is dit dalk net tyd dat die stille meerderheid by varsities begin opstaan vir hulle regte n slag

Peter ·

Ek wil ook graag baie dinge hê – ook vir my kinders, maar as daar nie geld vir iets is nie kan dit nie net geeïs en gevat word nie of vloeremoere in die vorm van geweld gegooi word om jou sin te kry nie.

Daleen ·

Presies. Daar moet ander goedkoper instansies soos vakleerling skole aangebied word sodat mense eerder ‘n ambag kan loop. Dan kan hy immers sy eie vis gaan vang, en die heeldag en aldag bedel vir ‘n vis nie. Dit is maar soos met mediese fondse: As jy nie kan betaal nie, het jy nie ‘n fonds nie. Punt. Help nie jy toy-toy nie.

Gert ·

Nee genade, waar gaan dit eindig. Neem in hegtenis by 100e, kyk na elkeen van die studente se prestasie en as hy agter is met betaling of punte uitstaande, skors hom vir ten minste ‘n jaar. Magtig, waar is Zuma en die minister. Kruip weg terwyl die land brand. En hoekom swyg die DA. Hulle kan seker opstaan en sê genoeg is nou genoeg. As ek ‘n ouer was en my geld en kind se toekoms word bederf, sou ek baie omgekrap en knorrig gewees het met die bestuur van die Universiteit en die Hoër Onderwys Departement en die Regering en sommer ook my hons gesop het. Uit pure woede. Maar wat kan ons as beskaafde Suid Afrikaanse burgers doen. Self die polisieering gaan toepas, soos Afriforum sê: Doen dit self.

Bore maak plan ·

Julle kan intussen chat groepe en sosiale media gebruik om onderrig te gee.

Slappie ·

Vas? hoe lank? More oggend is hulle weer vry en staan weer heel voor in die koor. Hoekom kla niemand hierdie vandale aan nie? Hoekom word hulle nie hof toe gesleep en verhoor nie .. wat het van skuldig bevind en gevonnis geword en intussen geskors deur die universiteite nie? Nee man julle is SLAP, die universiteit, die polisie, die weermag , die regering, julle is ruggraatloos. ‘n Klein persentasie vandale hou julle almal gyselaar, en ek wed dat die helfte van hulle eers studente is nie. Hierdie opstande gaan nooit ophou tensy die Universiteite standpunt inneem nie. SKORS hulle en weier hulle toegang tot die universiteitsgronde en kry sekuriteit/polisie as hulle weer die gronde betree. Genugtig ek het nog nooit sulke klomp slap lummels bymekaar gesien nie.

Oosie ·

Stem saam! Jy vat die woorde uit my mond! Dit is absoluut pateties!!!

Wouter ·

Wat het van die Reitz 4 geword. Geskors, jaar se klasgelde verloor en kon nie graad vang nie. Omdat hulle wit is. So gatvol vir die rassistiese wetteloosheid en ondankbare klomp.

Brian ·

Dis hoogtyd dat studente wat klasse wil bywoon en hul gelde betaal het die universitejt regtens aankla deur om te versuim om hul regte ook te beskerm

Ahooy ·

Dit is NIE die Universiteite se plig om hul eiendom veilig te hou nie. Die SAPS word BETAAL OM WET EN ORDE te handhaaf. Hul BESTUUR moet die nodige opdragte gee. Tot WANNEER sal ons daarvoor wag????? PATETIES!!!!

Lettie ·

Daar is al tot vervelens toe gepraat oor hierdie vandalisme. Waar is hierdei studente se ouers, keer hle dit goed, of word hulle nog aangepor om af tebreek. As dit my kind was sou hy gaan werk het en sy eie studies betaal het – KLAAR.
Wit en swart, ryk en arm, agtergeblewendes ens, gaan kyk waarmee ry hierdie studente en skool kinders, hle huise waar hulle woon, Name Brand klere wat hle aantrek, hle Tablets, selfone ens. Gaan kyk by die skole se spoepies, lyk nie of daar behoewende mense in ons land is nie. sakgeld elke dag- Mc Donald, Pitzas Kentucky – honderde karre, wit swart en bruin wat daar stop om vir die kinders en mense wat kwansuis swaar kry. Dit lyk nie vir my of hle swaar kry of honger gaan slaap nie. Is dit vir die studente so goeie voorbeeld vir die jonger kinders op skool om alles so te vernietig, GOEIE VOORBEELD WAT HLE VIR HUL BROERS EN SUSTERS IS.
My huiswerker het `n beter Cellfoon as ek en haarkinders het tablets, Big Screen TV maar kry `n gewone inkomste, hoe bekostig hle dan al hierdie luukse waar los hierdie dinge ons.
Dink hle en party ander moet wakker skrik – soos hle se wake up and smelllll the roses.

John ·

Die weermag bly mos omtrent net oorkant die pad van UV se hoofingang as ek dit reg het. Wat sit hulle en doen? Kaartspeel? Of maak hulle reg om probleme in buurlande te gaan help uitsorteer of die vrouens daar se lewens te gaan opkikker….

Riana Steyn ·

Al die ouers wat wel betaal het vir die jaar se studie gelde, moet nie vlge jaar hulke belasting geld terughou om te vergoed vir die verliese die jaar. Dis totaal onaanvaarbaar wat hier aangaan.

hans ·

Prof Jansen u sit gerieflik in VSA-al hierdie probleme het begin tydens u rektor termyn by Uvs en u het niks gedoen.

Liendempers ·

Hier is my siening: ja daar is mattikulante wat baie graag wil swot, slim genoeg is om te kan swot, maar wie se ouers dit regtig nie kan bekostig nie. 20 jaar terug was ek een van hulle. Ek het gaan werk en deeltyds geswot. Net van aartappels geleef daai tyd. So, gee vir die matrikulante wat dit verdien, die kans. Bv. Gemiddeld van 75%, skoolbywoning goed, laat hom/haar gaan leer. Met VOORWAARDE dat n sekere persentasie gehandhaaf word, bywoning genoeg is, dissipline genoeg is. Indien jy nie jou kant bring, sorry borrie, jy het nou jou kans verbeur, so nou moet jy betaal. Bring jy jou kant, Kan jy volgende weer verniet studeer. Miskien soos n glyskaal? Destydse matrikulasie vrystelling was n goeie ding. As jy dit nie behaal nie, want almal weet in hoerskool dat jou punte belangrik is vir jou toekomstige beroep, dan kan jy nog n kans kry by technikon. Dit is baie eenvoudig. Prestasie en teenprestasie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.