Geweld teenoor joernaliste veroordeel

Een van die voertuie wat in Vuwani, Limpopo met klippe bestook is. Foto: SAPD

Die DA en die Suid-Afrikaanse Redakteursforum (Sanef) het Maandag die geweld teenoor joernaliste, wat protesaksies op verskillende plekke in die land gedek het, veroordeel.

ʼn Fotograaf is Maandag in Coligny in Noordwes aangerand toe hy besig was om ʼn huis af te neem wat vroeër deur betogers aan die brand gesteek is. Sondag moes joernaliste van ʼn betogingstoneel in Vuwani in Limpopo vlug nadat ses voertuie, insluitend twee bussies van die SAUK, deur betogers met klippe bestook is.

Die DA het in ʼn verklaring gesê polisiebeamptes moet joernaliste teen geweld beskerm. “Betogings moet nooit geweld teenoor joernaliste, wat hul werk doen deur protesaksies te dek, insluit nie,” het die verklaring gelui. Die party het gesê die media speel ʼn belangrike rol deur nuusdekking aan betogings te gee en het ʼn beroep op betogers gedoen om nie hul frustrasie teenoor die regering op joernaliste uit te haal nie.

Een van die voertuie wat in Vuwani, Limpopo met klippe bestook is. Foto: SAPD

“Joernaliste het ʼn moeilike taak om hulself dikwels in plofbare situasies te begewe om sodoende die res van die land in te lig oor die gebeure. Die DA loof al die dapper en vreeslose joernaliste wat elke dag uitgaan om die waarheid te kry,” het die party gesê.

Sanef het ook sy ongelukkigheid oor die geweld teenoor joernaliste uitgespreek en gesê joernaliste moet toegelaat word om hul werk sonder vrees of vooroordeel te doen. Die forum het ook ʼn beroep op die betrokke joernaliste gedoen om die voorvalle van geweld by die polisie aan te meld sodat dit ondersoek en die skuldiges aangekla kan word.

“Ons wil ook graag ons teleurstelling met die polisie se optrede by openbare gebeure uitspreek, veral ten opsigte van hul gereelde inmenging in joernaliste se werk,” het Sanef in ʼn verklaring gesê. Sanef het gesê hy kan getuig van verskeie voorvalle waar polisiebeamptes joernaliste verhoed het om vrylik inligting te versamel by openbare gebeure en nuuswaardige tonele soos betogings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Piet Snot ·

Jou gemiddelde SAUK joernalis sal meer simpatie by Jan Alleman kry as hy waarlik objektief sou wees.

Stella ·

Soos by Coligny kry n mens die indruk sommige joernaliste het voorafkennis van goed wat gaan gebeur, soos dat n huis afgebrand gaan word, dan is hulle reg met hulle kameras. Moet mens dan simpatie hê met hulle as hulle rondgestamp word, nie welkom is nie? Hulle is n groot deel van die probleem.

Bertus F ·

Gisteraand op nuus kla ʼn joernalis oor die ou in Coligney hom “Aanrand”. Intussen oortree die joernalis deur sonder toestemming op die “aanrander” se erf te wees…net soos die brandstigters. Mens se waardigheid word deur die wolwe gedrag van sommige journos vertrap. Die SAP moes ook die journos van die perseel wegjaag, want hulle vertrap moontlikke leidrade…( regs verydelikking) . My gevoel is dat die journos die vuur lekker aanblaas, dan kan hulle mos hul eie “scoops” teen die hoogste prys verkoop.
Sies skande.

JS ·

Ai die politici, asof hulle uitsprake en veroordeling nou iets gaan verander. As jy naby ‘n betoging moet wees gaan koop eder vir jou ‘n groot kan pepersproei en ‘n myn helmet – en sorg dat jy die werk se kar of ‘n huurmotor vat…

Wsp ·

Goeie more DA bly om tesien hulle le ook n eier net jammer dis al wat julle kan doen VF en soladariteit hou asb so aan julle baklei ook darm vir regte

Danie ·

Ek het verstaan dat in die Coligny omgewing joernaliste baie maal ook opstokers is. Daarom dat beide kante (betogers en slagoffers) hulle dienooreenkomstig behandel. As jy wil verkondig dat jy objektief is, moet jy objektief wees. Dit is moeilik om jou te glo as die beeld wat jy uitdra nie dieselfde is nie. Hulle moet tog onthou dat baie boere in platteland ook die swart tale goed verstaan en soms kan praat ook. Dus as jy iets in ‘n swart tale sê en dit strook nie met die vertaling wat jy daarvan gee nie, moenie verwag dat jy vertrou gaan word nie.

Ed ·

So een joernalis kry bietjie pakslae hoekom hy windgat is en nou is almal up in arms daaroor. Ek se al lankal die klomp is kamakazi pilots. Hardloop daar voor in die koor saam polisie wat hul vol riot gear dra en dan hardloop die klomp saam met n serpie om die nek en t-hempie aan. Mens veroordeel nie hul werk nie maar daar bestaan ook n ding soos common sense voor jy jou eie veiligheid in gedrang sit en die beste ou fotojie jaag. ONS ALMAL wil graag ons werk doen en leef sonder vrees Mr DA.

Antjie ·

DA, julle timing stink! Maak liewer duideliker hoedat die fotograaf in Coligny gister self toegegee het die boer het gedink hulle het saam die brandstigters opgedaag.

En, joernaliste, nét MG het sedertdien daardie kritieke brokkie nuus gedra. Regurgiteer asb die waarhede wat potensiaal het om mens gerus te stel. Solank die gemiddelde Afrikaner voel hy kan julle koppe ook met ‘n koevoet inslaan, sal die fyngevoeliges dit voortdurend op óns probeer uithaal! Mense in alle dele van die samelewing moet gerusgestel word om te kan kalmeer. Of is dit nie ‘n doel van joernalistiek nie?

pieter ·

miskien wil die media nie verstaan nie.DIE MENSE AS HULLE N KAMERA SIEN DINK HULLE IS AKTEURS EN DAN SHOW HULLE DEUR TE BRAND EN KLIPPE TE GOOI.

Johan ·

Het iemand die man gevra hoekom hy dit gedoen het..? Baie eensydige. Ek lees in al die berigte van hoe die man hulle aangeval het. En dan vra ek weer..het iemand hom gevra hoekom hy dit gedoen het. In meeste gevalle val mens nie iemand anders aan sonder rede nie. Maroela kan jul die moeite aangaan?

John ·

?… soms wonder mens tog of sekere joernaliste nie ingelig word of selfs moeilikheid aanblaas vir dramatiese beeldsendings nie… Kameras is magtige wapens wat die idee skep dat dit altyd die waarheid ‘praat’.

janee ·

Die probleem met media dekking is -dit word deur sensasie gedryf. Voorbeeld: jy word in jou huis aangeval en miskien word jou vrou verkrag . Jy uiter die gevreesde woord uit furstrasie…die media verdraai die hele toneel met woordspeling en verklaar jou as rassis en jy wat altyd in vrede gelewe het met almal ,se hele lewe stort ineen agv van die media se interputasie………………………dink voor jy enige iets voor die media uiter ,jou woorde is hulle salaristjek

TDW ·

Hul hele optrede moet veroordeel word deur die DA. Brandstigting, haatspraak, geweldige betogings, boelie en intimidasie, saak beskadiging, rassisme, viktimisasie. Hul hele gedrag is onaanvaarbaar en hulle moet soos misdadigers behandel word en nie soos vreedsame betogers nie.

Mitchel Heppell ·

Joernaliste moet leer om nuus deur te gee soos dit is, nie soos die publiek dit wil hoor nie, net om hulle nuus te verkoop nie. Dit gaan nie oor hulle nie en of hulle geken word deur die publiek nie. As hulle rerig hulle werk doen, kan hulle n groot demper plaas op wat om ons gebeur. Hulle moet seker maak van hulle feite wn dit weergee soos dit is, sal dinge ook baie beter gaan. Ons soek nie hulle weergawe of hulle opinie nie, meeste van ons het fb en kan ander mense se opinies daar kry.

Neewat ·

Ek het geen simpatie met joernaliste nie, hulle is gou om rassistiese nuus aan te dra en die wittes van die apartheidsjare af (en steeds) in ‘n slegte lig te stel, hulle wys gewoonlik net wit op swart geweld, nooit swart op wit geweld nie, so regtig . hoekom druk julle altyd julle neuse in waar julle nie hoort nie? Soos toe ‘n boer se plaas afgebrand het het julle dit heerlik gestaan en afneem .. nou huil julle omdat hy aksie teen julle geneem het .. Regte klomp VULTURES< ons het julle nie nodig nie.

My 10 cent ·

In die eerste plek sou ek seke die selfde gedoen het my huis brand af voor my oe en hier staan 10 talle mense soos vliee op vrot vleis en neem fotos van my lewe my drome en my harde werk wat afbrand en dit net om hoof nuus te maak het hulle die eienaar se toestemming gehad om sy gronde te betree het hulle enige speciale wetgewing se ek as joernalis mag my self verleker tewyl n man alles wat sy hande op gebou het voor hom afbrand af is dit net om nog n storie op teblaas vir die rasse konflik wit teen swart dai man os gevra om te loop en het hom verset en het gekry wat hom toe kom want dit is nog steeds privaat eiendom en hy het doe reg om te se wie daar mag wees en wie nie

F-Stop ·

Haha….nou word die “joernaliste” deur hulle eie mense ge-target? Julle moes kom saam hardloop het in 1988 toe die ou Suid Afrika aan die brand was….en daar op ons geskiet is, en ons met klippe gegooi is. Vandag se japsnoete is nie die naam “joernalis” werd nie…..jy is nie ‘n “joernalis” omdat jy ‘n pen en ‘n boek of ‘n mikrofoon en ‘n kamera by jou het nie!!!

Dereck Le Roux ·

Joernaliste is geen engeltjies nie veral as dit kom om hul “werk” te doen sonder vrees of begunstiging, ek het geen simpatie met hulle nie selfs al verloor ‘n paar van hulle hul lewens in die soeke na sensasie en politieke korrekte optrede.

Reint Grobler ·

Die geval van oproer in Coligny is ter sprake . Die plaashuis van my vriend wat geen verbintenis het met die 2 persone wat op borgtog vrygelaat is , was reeds afgebrand nog voordat borgtog toegestaan was. Die media sweep die terroriste op vir sensasie. Die kamera man het die boer uit die pad gestamp om beter fotospasie te kry waarna die stoeiery ontstaan het. Wat nie gemeld word nie is dat die die kameraman toe ñ mes uitgepluk het. Dit het die eienaar toe genoop om sy vuurwapen uit te pluk en na ñ waarskuwing aan die SAP dat die media verwyder moet word anders gaan hy optree teen hulle. Tot die EFF met hul rooi barrette het die middag opgedaag om foto’s te wil neem en hulle te verlustig in die man se verlies. Weereens moes die eienaar ñ vuurwapen uithaal voordat SAP hulle verjaag het. Die EFF het mense met busse en taxis aangerei om aan die oproer deel te neem . Geluk aan SAP wat dit toe sumier gekonfiskeer het. Bitter min of enige hiervan is deur die media en SAUK gedeel. Die boer en sy familie het net met die klere aan die lyf en ñ paar stukke rook deurdrenkte kledingstukke wat aan die wasgoedlyn daar weggestap. Dankie aan al die boere van die omgewing wat met vuurvegters opgedaag het om te help , dit sluit die 2 swart medeboere in . Dankie ook aan almal wat hulp ,lewensmiddele en CVO Lichtenburg wat koshuis huisvesting aangebied het .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.