Geweld toe skool leerders skors

Argieffoto

Argieffoto

Twintig hoërskoolleerders is Maandag in hegtenis geneem nadat hulle van hul mede-skoliere met klippe bestook het toe ʼn betoging gewelddadig geraak het.

Lt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie se taktiese reaksie- en honde-eenhede is na ʼn betoging in Weenen, KwaZulu-Natal ontbied nadat ʼn groep skoliere gewelddadig geraak het.

“Die groep is glo uit ʼn plaaslike hoërskool geskors oor hul ontwrigtende gedrag en het in ʼn groep voor die skool saamgedrom om ander skoliere te verhoed om skool by te woon,” het Gwala gesê. “Die groep het die ander leerders met klippe bestook en hulle gedreig. Die polisie het vinnig inbeweeg en 20 leerlinge tussen die ouderdomme van 15 en 19 jaar in hegtenis geneem.”

Sy het gesê twee busse, talle vensters van die skoolgebou en ʼn paar vensters van nabygeleë huise, is deur die betogers beskadig. Die leerders is aangekla van openbare geweld en sal volgens die Kinderwet in die Weenen-landdroshof verhoor word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Paul ·

Tussen die ouderdomme van 15 en 19?

So met ander woorde 16- tot 18-jariges?
Of 15- tot 18-jariges?

Of word daar eintlik bedoel 16- tot 19-jariges?

Wynand ·

Indien hulle 19 is hoort hulle nie meer in die skool nie.
Te oud!

Grap ·

Hulle wil maak wat hulle wil en as daar opgetree word wil hulle brandstig en vandaliseer totale anargie lê voor , ons sal moet voorsiening maak vir skole waar ons kinders gedissiplineerde onderrig kan ontvang…’n groot taak lê voor vir organisasies soos solidariteit

Marché ·

Daar is reeds sulke skole – die CVO-skole -wat ongelukkig baie swak ondersteun word. (CHRISTELIKE Volkseie Onderwys)

John ·

Wat noem ‘n mens iemand wat ly aan ‘n oorweldigende vrees vir skoolgaan/onderrig? Help asseblief. Ek het net ‘n stokou woordeboek.

Irene Myburgh ·

Julle verstaan nie hulle soek ook ‘n vakansiedag wat na hulle vernoem word soos sharpville en die soweto kinders.

Adriana Stuijt ·

wat is die naam van die skool in Weenen asseblief? En is daar fotos geneem?

broos ·

snaaks dat sulke uitbarstings en vandalisme nie by enige van die afrikaanse skole gebeur nie…….i wonder why???

A.A. ·

Hoekom MOET daar altyd, in die kommentaar deur seker individue, verwys word na die groepe se ras?? Dit is sinneloos en gaan definitief nie die situasie is ons land help nie. Sarkasme ook nie. Dit is sleg dat dit gebeur het en dat onskuldige kinders beseer is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.