Geweld vlam op in Noordwes

ʼn Bus is aan die brand gesteek tydens ʼn betoging in Montshioa naby Mahikeng in Noordwes (18 April 2018). Foto: ANA

ʼn Bus is Woensdag tydens ʼn betoging in Montshioa naby Mahikeng in Noordwes aan die brand gesteek en minstens een persoon is in hegtenis geneem, maar dit is steeds nie duidelik waaroor die betoging gaan nie.

Lt.kol. Adele Myburgh, woordvoerder van die polisie, het gesê die betoging het omstreeks 05:45 begin. “ʼn Bus wat aan die Atamelang-busdiens behoort is aan die brand gesteek. Die skade is na raming ongeveer R750 000,” het sy gesê.

Sy het gesê ʼn man is op aanklag van openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging in hegtenis geneem.

“Daar is twee weergawes oor die rede vir die betoging. Een is dat dit oor dienslewering gaan, die ander is dat mense wil hê die premier [Supra Mahumapelo] moet bedank. Ons is nie heeltemal seker wat die betoging veroorsaak het nie,” het sy gesê.

Plaaslike inwoners het aangevoer die betoging het begin nadat twee mense Dinsdag by die Montshioa Stad-kliniek gesterf het. Volgens die inwoners kon die twee oorledenes nie mediese hulp by die kliniek kry nie weens ʼn staking deur lede van Nehawu.

Nehawu-lede staak al sedert 26 Februarie om te eis dat dr. Thabo Lekalakala, die hoof van die departement van gesondheid, afgedank word, dat die departement se kontrakte met eksterne maatskappye beëindig word, dat ʼn bonusbetaling van 5% aan alle werknemers in die departement betaal word en dat gemeenskapsgesondheidwerkers ʼn salarisverhoging ontvang.

ʼn Bus is aan die brand gesteek tydens ʼn betoging in Montshioa naby Mahikeng in Noordwes (18 April 2018). Foto: ANA

Joe McGluwa, die provinsiale leier van die DA, het egter aangevoer die betoging gaan grootliks oor ʼn tekort aan dienslewering. “Hierdie gemeenskappe toon hul woede oor die tekort aan dienslewering, die toestand van ons provinsie en die onvoldoende gesondheidsorg waaronder hulle moet ly,” het McGluwa gesê.

Hy het gesê Mahumapelo moet bedank aangesien hy beheer oor die provinsie verloor het. “Hierdie [betogings] kon verhoed gewees het as Mahumapelo sy rol gespeel het as beskermheer van die mense van Noordwes. Sy termyn as premier is egter gekenmerk deur die najaag van sy eie belange, asook die belange van die Guptas.”

Volgens Myburgh was dit teen Woensdagmiddag kalm maar gespanne in die gebied. Sy het gesê hoewel die polisie daarin kon slaag om betogers uiteen te jaag, was daar deur die dag voorvalle waar betogers weer in groepe begin saamdrom het en dan uitmekaar gespat het as die polisie hulle genader het. “Die situasie is kalm, maar gespanne. Die polisie se eenheid vir openbare orde is besig om die situasie te monitor,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

AD ·

Ag nee my hell. Moet julle alles brand. Dalk nou minder busse, minder werk?

Nico ·

Een groep comrads staak. Twee ander comrads sterf omdat die eerste groep comrads staak. Nou steek ‘n derde groep comrads ‘n bus wat aan iemand behoord wat niks met die hele spul uit te waai het nie aan die brand. (Ne)hawu!

Duitser ·

Dit lyk vir my hulle kry alles reg met die brand van alles miskien moet die boere ook iets aan die brand steek om te betoog teen die teroriste aanvalle op julle.

CJ ·

Uit onkunde vra ek die volgende vraag: is daar n verband tussen n lae IK en vernielsugtigheid?

Gemaskerde Sopbeen ·

CJ, moenie langer onkundig wees nie. Gaan youtube gou AmRen.com dan sien jy die verduideliking oor IK, of die gebrek daaraan.

H.A. ·

Kyk Australia en sommer die hele wêreld ook. S.A BRAND WEÉR. GEEN WETTE EN REËLS. ALLES GAAN NOG TOT NIKS. DIE MASSAS REGEER, NIE MEER DIE REGERING EN DIE STAAT INSTANSIES NIE.

Lana ·

Jy’s reg. So lyk dit wanneer kwantiteit regeer i.p.v. kwaliteit.

Pieter ·

Hoekom vra niemand vir sisulu om hierdie optrede te verduidelik nie nadat sy Australia beskuldig dat hulle sa se toerisme skade aandoen nie ??

Koos ·

Vreemd dat die DA-kêrel nie die anargie veroordeel nie, maar eerder net vir Supra blameer. Hy hoop natuurlik om hulle in sy kraal te kry? Supra is seker verlig dat McGluwa nie die mense herinner dat die McDonalds takke in Mahikeng aan hom en sy vrou behoort nie!

Pluto ·

Niks nuut vir Noordwes nie. Elke week maak hulle moeilikheid. Niemand weet meer waaroor nie.

Theresa B ·

Ja nee, ek stem AD. Hierdie spul wil alles met geweld regmaak. Hulle besef nie die skade wat hulle aanrig en hoeveel geld kos dit nie. More moan hulle weer omdat daar nie vervoer is nie. Alles word net duurder en ons moet net betaal en betaal, maar hulle doen dit.

tamboti ·

Nico, jy het vergeet van die comrade wat die ander comrades se geld mors maar nie die ander comrades help in hul struggle nie. VIVA die comrades se struggle, mag jul vir altyd lekker struggle!

christa ·

ek dink daar moet nou nie weer busse verskaf word nie. Hulle wil nie busse he nie en wil werkloos wees sodat hulle genoeg tyd kan he om te verwoes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.