Geweld vlam weer op by Wits

Betogende studente aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het Dinsdag weer met polisiebeamptes gebots tydens die #FeesMustFall-veldtog (11 Oktober 2016) Foto: ANA

Betogende studente aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het Dinsdag weer met polisiebeamptes gebots tydens die #FeesMustFall-veldtog (11 Oktober 2016) Foto: ANA

Betogende studente aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het Dinsdag weer met polisiebeamptes gebots.

Dit volg ná die betoging Maandag na die strate van Braamfontein oorgespoel het nadat studente veiligheidswagte op die hoofkampus met klippe bestook het. ʼn Bus is aan die brand gesteek en ʼn Puma-winkel is in Braamfontein geplunder.

Die studente betoog al ongeveer drie weke lank en eis gratis onderrig onder die banier #FeesMustFall. Die betoging het opgevlam nadat Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, op 19 September aangekondig het dat universiteite self oor verhogings vir studentegelde vir 2017 kan besluit, maar dat dit nie meer as 8% mag wees nie.

Die betoging het Dinsdagoggend vreedsaam op die trappe voor die Groot Saal by die Braamfontein-kampus begin en lesings het hervat. Studente was gretig om weer met hul akademiese werk voort te gaan en die skoonmaakoperasie op die kampus het begin. Daar was ʼn swaar polisieteenwoordigheid en veiligheidswagte het die universiteit se eiendom beskerm en seker gemaak dat die akademiese proses onverhinderd kan voortgaan.

Betogende studente aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het Dinsdag weer met polisiebeamptes gebots tydens die #FeesMustFall-veldtog (11 Oktober 2016) Foto: ANA

Betogende studente aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het Dinsdag weer met polisiebeamptes gebots tydens die #FeesMustFall-veldtog (11 Oktober 2016) Foto: ANA

Omstreeks 09:20 het ʼn paar studente begin vergader en struggleliedjies gesing. Die polisie het die studente versoek om drie afgevaardigdes te stuur om met hulle te onderhandel hoe om met die betoging voort te gaan. Studenteleiers het ná ʼn halfuur met hulle medestudente gesels en opdrag ontvang dat die polisie die kampus moet verlaat as hulle nie ʼn gewelddadige betoging wil hê nie. Die polisie het die voorstel verwerp en gesê hulle is weens veiligheidsreds op die kampus en hulle is nie daar om met die studente te baklei nie.

Die media was nie welkom by die vergaderings nie en studente het aan verslaggewers gesê hulle moet ʼn ent wegstaan.

Mcebo Dlamini, VSR-president van Wits, EFF-studenteleier Vuyani Pambo, en leiers van #FeesMustFall, het omstreeks 11:30 die studente nadergeroep. Ongeveer 200 studente het daarna na die universiteit se lesinglokale beweeg en studente, wat besig was met klasse, verwyder.

Die polisie het ʼn taktiese reaksie begin vorm en in beweeg om die situasie oor die kampus heen te monitor. Toe die polisie na die Groot Saal terugkeer, het studente die betonasblikke afgebreek om hulle mee te bewapen. Die polisie het met skokgranate reageer toe die studente hulle met klippe bestook het.

Betogende studente aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het Dinsdag weer met polisiebeamptes gebots tydens die #FeesMustFall-veldtog (11 Oktober 2016) Foto: ANA

Betogende studente aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het Dinsdag weer met polisiebeamptes gebots tydens die #FeesMustFall-veldtog (11 Oktober 2016) Foto: ANA

Die onderonsie het ongeveer ʼn uur lank voortgeduur en die polisie het uiteindelik met ʼn waterkanon en rubberkoeëls die studente tot by die oos-kampus teruggedruk.

Nie-betogende studente het in verskillende rigtings voor die koeëls gevlug. Studente van die #TakeWitsBack-beweging, wat teen die ontwrigting van lesings is, het gesê hulle sal later ʼn perskonferensie hou.

Betogende studente het teruggekeer en vensters van die Matrix-gebou gevandaliseer. Hulle het ʼn paar skerwe gebruik om hulleself mee te verdedig.

Omstreeks 14:30 het hulle steeds klippe gegooi en die polisie het skokgranate gebruik. Geen beserings is aangemeld nie.

ʼn Groep van ses studente het intussen gepoog om ʼn lesing op Wits se onderwyskampus in Parktown te ontwrig, maar veiligheidswagte het ingegryp en hulle het weggehardloop.

ʼn Groep studente wou die ingang na die Wits-bestuurkampus versper, maar hulle het ook verdaag toe veiligheidsbeamptes en die polisie ingegryp het. Een student is glo op dié kampus in hegtenis geneem.

Shirona Patel, woordvoerder van Wits, het gesê die universiteit is verbind daartoe om die 2016 akademiese jaar af te handel en seker te maak dat studente eksamens aflê. “Ons doen alles in ons vermoë om seker te maak dat lesings sonder vertraging voortgaan. Ons versoek personeellede en studente om vir hul eie veiligheid weg te bly van gebiede waar daar konflik is.”

Lees alle vorige berigte oor studentebetogings op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Keelvol ·

Ek wonder of die Buiteland nou weer wil help…….hulle was voor in die koor om apartheid af te skaf….. Waar is hulle nou. Wie gaan die gewone mens op straat teen hierdie snert beskerm?

Janneman ·

Die EFF ken nou maar net een manier en dit is afbreek. Hulle slaag n sluk van verligting dat hulle geen munisipaliteite gewen het nie want hulle sou nie weet wat om daarmee te doen nie.
Julius het n paar brue op die soustrein en n huis in Nkandla probeer bou wat met die eerste reens weggespoel het. Hulle stel gewoon nie belang in vreedsame oplossings nie.
Mens wonder wat hulle hoop om te bereik?

Buitestander ·

Dit het ononbeerlik geword dat hakkejag op stundente se wonings moet doen waar die internasioale media teenwoordig is nie.
Eerste voorbeelde SAL BETOGERS betogers laat ophou!!!

Des ·

Ek sal graag wil verstaan wat jy nou eintlik wil sê.
Ek verstaan glad nie dit wat jy geskryf het nie.

Apolities ·

En dan wonder mense hoekom ons (studente van die NWU PUK) aandring dat ons SR apolities bly…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.